Pachelbel

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 15 % af

Kry 15% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 8 Nov 2019 tot 5 Des 2019.

Beskrywing

Pachelbel bied verblyf op 'n skilderagtige plasie 'n paar kilometer buite die dorp Magaliesburg. Dié rustige dorp is ‘n ideale bestemming vir ontspanne naweekwegbreke en net 'n kort entjie se ry van die Wieg van die Mensdom af.

Verblyf bestaan uit 4 privaat gastekamers wat weggesteek is in die woud en tuine. Elke slaapkamer het 'n ekstra-lengte koningingrootte-bed met Egiptiese katoenlinne. Handgemaakte meubels leen tot die aardse en rustige atmosfeer van Pachelbel.

Die gastehuis is 'n toevlugsoord, ideaal vir paartjies wat op soek is na 'n romantiese wegbreek. B&B is standaard beskikbaar en gaste kan met 'n gewilde, opsionele driegang-kersligaandete bederf word.

Ons gaste eet- en sitkamer het ‘n vuurherd. Daar is boeke, bordspeletjies en rustige agtergrond musiek om te geniet. In die somer is daar ‘n groot swembad om by te ontspan. Doendinge in die omgewing sluit bergfiets-, voetslaan- en hardlooproetes in.

Pachebel se unieke welweesfasiliteit is 'n ruimte vir rustigheid en vrede. Daar is 2 ervare terapeute wat hoë gehalte stres- en masseringbehandelinge aanbied.

Pachelbel bied wegbreekpakette vir die persoon of klein groepie wat wil stil raak, reflekteer en ontspan. Maaltye, behandelinge en ander toepaslike aktiwiteite word hierby ingesluit.

Doendinge in die omgewing sluit bergfiets-, voetslaan- en drafroetes in.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Gastesitkamer
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Restaurant op Perseel
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Pachelbel gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 200 R1 020 per nag (vir 2 mense)

Kry 15% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 8 Nov 2019 tot 5 Des 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za