Paquita Villa

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Paquita Villa is 'n ruim selfsorg-eenheid op een van die Knysna-koppe. Hierdie villa staan op randjie van die Knysna-strandmeer en het 3 slaapkamers met luisterryke uitsigte oor die strandmeer en die omgewing.

Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en bad. Hierdie kamer het ook 'n privaat stoep met 'n uitsig oor die strandmeer. Die tweede slaapkamer is aan die kant van die villa geleë en toegerus met 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad. Die derde slaapkamer is ook aan die kant van die huis en beskik oor 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n bad en stort. Die kombuis is volledig toegerus met 'n mikrogolf, yskas en toebehore. Die sitkamer het 'n TV met DStv, boeke en tydskrifte. 'n Braaiplek is ook beskikbaar.

Doendinge in die omgewing sluit voëlkyk, hengel, stap, kanovaarte en meer in.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Paquita Villa gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R4 350 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za