Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Paternoster Hotel

  • Kapasiteit: 26 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: St Augustines-weg, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 300 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Die Paternoster Hotel het 'n ryk geskiedenis, tradisie en ouderwetse bekoring. Dié hotel lê aan die Weskus van Suid-Afrika in die pragtige vissersdorpie Paternoster, 145 km noord vanaf Kaapstad. Die hoofstrand en winkels is net 'n paar minute se stap van die hotel af.

Die hotel het 10 kamers met en suite-badkamer, 'n TV met OpenView-kanale en gratis tee- en koffiemaakgeriewe in die kamers. Daar heers 'n ontspanne en vriendelike atmosfeer en 'n tikkie persoonlike aandag word aan gaste gebied.

Die restaurant op die perseel is 7 dae per week vir gaste en dagbesoekers oop. Ontbyt, middagete en aandete word bedien. Pantry Bar is Die Paternoster Hotel se unieke kroeg wat onder andere verskeie plaaslike wyne, mengeldrankies en sterker drank bedien.

Die nuutopgeknapte banketkamer met sy afgewitte mure en denne-afwerkings is die ideale plek vir intieme vieringe. Die rustieke venue is ideaal vir troues, het plek vir tot 100 gaste en het 'n dansvloer.

Die Paternoster Hotel bied konferensie- en spanboudienste. Die Venue-saal het sitplek vir 50 konferensiegangers en is die ideale plek vir informele konferensies of rustige spanbou-aktiwiteite.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Kroeg
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Restaurant op Perseel
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete
  • Middagete
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Tee

Konferensiegeriewe

  • Blaaibord
  • Witborde
  • Internet
  • Televisie
  • Plek vir tot 50 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant

Resensies

4.1/ 5

Gebaseer op 85 resensies

Baie goed

Netheid
4.0
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.0
Diens
4.0
Veiligheid
4.2
Wat gaste dink
Eric M
Saam met lewensmaat
5.0
Nice. Lekker gebly. Kamer was ruim.
Mei 2024
Andre W
Saam met lewensmaat
5.0
Lekka plek. Baie lekker gebly met goeie diens en alles daarby.
Mrt 2024
Ben V
Saam met lewensmaat
5.0
Soos bo. Paternoster Hotel was gunstig geleë in die sentrale dorpsgebied en ons kon gedurende die aand die branders hoor breek op die strand. Alles wa...
Sien meer
Nov 2023
Ona B
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlik. Dankie vir jul gasvryheid.
Aug 2023
Lorenzo P
Gesin met tieners
5.0
Een van die beste plekle ooit. Diens uitstenkend! En kos was baie lekke, definitely one of the best places I've ever been! Paternoster Hotel julle is ...
Sien meer
Aug 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.1/5

Elmare Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 85

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • St Augustines-weg, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
  • Gaste dink Paternoster Hotel het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 300
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 300
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 26 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: St Augustines-weg, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAe286d9df8c1dafbf68d667594a14f54a10f744ad9ec8ea76c73f1733be1ad780d1e7cf48bb62ec787841f8f33ad6f42f693d?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 300 per nag, vir 2 mense 85 5 1 5 St Augustines Road Paternoster 7381 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -32.809847700128 17.891535758972

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang