Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Periwinkle 1

Selfsorg
Langtermynverblyf-aanbod 10% af

Kry 10% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Henry-weg, Ramsgate, 4285, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 040 R936 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Periwinkle 1 is 'n moderne selfsorgwoonstel op 'n heuwel rég langs Ramsgate se Blouvlag-swemstrand. Die heuwel is langs Ramsgate se Walvisdek en bied 'n pragtige uitsig oor die strand en see.

Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed, ingeboude kaste, 'n spieëltafel en skuifdeure wat lei na 'n veranda met 'n pragtige uitsig oor die see en getypoel. Die tweede slaapkamertjie het 1 enkelbed met 'n verskeidenheid speelgoed vir kindertjies, asook 'n branderplank, lyfplanke, paddavoete van verskillende groottes, 'n waterglybord en meer! Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens, ingeboude kaste en 'n spieëltafel. Die vierde slaapkamer het 1 enkelbed, ingeboude kaste en 'n spieëltafel.

Die eenheid het 2 badkamers wat gedeel word, een met 'n stort en aparte toilet met 'n wasbak, en die ander badkamer het 'n bad, wasbak en toilet. Linne, asook bad- en swemhanddoeke word voorsien. Daar is 'n stoorkamer met 'n ysmasjien, SodaStream en waterfiltreerder.

Die oopplan-kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met alle eetgerei, kookgerei, breekware, 'n yskas-vrieskas, stoof en oond, ketel, broodrooster, koffiemasjien en ekstras soos 'n mengmasjien. Daar is 'n ontbytkroeg, asook 'n eetkamertafel met sitplek vir 6 gaste. Die eetkamer het skuifdeure wat lei na 'n klein balkon. Die sitkamer het gemaklike banke, talle boeke, bordspeletjies en 'n TV met 'n DStv-koppelpunt. Gaste moet asb. hul eie dekodeerder en slimkaart saambring.

Dié sitkamer het skuifdeure wat lei na die groot veranda met 'n lang tafel wat sitplek het vir 12 gaste, daar is ook 'n gasbraai. Buite is daar ook 'n houtdek, asook 'n gemeenskaplike sout-swembad, 2 buite storte en swembadkamer met 'n tafel, bank en yskas. Dié gemeenskaplike swembadkamer het ook 'n badkamer met 'n stort, wasbak en toilet.

Parkeerplek is vir 1 voertuig beskikbaar en word bereik deur 'n afstandbeheerhek. Die perseel het sy eie watertoevoer en maak gebruik van 2 watertenke.

Die strand en getypoel is 'n paar meter se stap van die woonstel af. Die woonstel bied direkte toegang tot die strand en die Walvisdek-uitkykpunt. Doendinge en besienswaardighede in en om die omgewing sluit perdry, swem, voël- en walviskyk, fietsry, begeleide wandelpaaie, lyf- en branderplankry, asook trapbootjies en roei op die strandmeer in.

Daar is verskeie restaurante in die omgewing, soos The Waffel House, Blue Lagoon, Crayfish Inn en Lobster Pot. Die woonstel is stapafstand vanaf antieke winkels, die BP-diensstasie met 'n winkeltjie, 'n drankwinkel en 'n kroeg. Die Hibuskus Mall, Wildekus Kasino, Red Desert, Beaver Creek Coffee, Shelly Beach Mall, Oribi Gorge Natuurreservaat, Sanlameer-gholfbaan, Spar en Mac Banana is slegs 'n endjie se ry vanaf die woonstel.

Slaapplek

’n Bespreking by Periwinkle 1 sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 1 persoon
1 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 1 persoon
1 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 8 resensies vir Periwinkle 1
Netheid
4.9/5
Diens
4.9/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
4.1/5
Waarde vir geld
4.9/5

Jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.

4.3/5

Rané Geverifieer

Eiendomme 100+

Resensies 656

Jaar gelys 9

Ligging

  • Henry-weg, Ramsgate, 4285, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Periwinkle 1 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 040
R1 040 R936
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 040
R1 040 R936
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Henry-weg, Ramsgate, 4285, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGRmOWY1NDI3LTk0OWEtNGI3Zi04ZTU0LTcwNDYyMWExODJiOA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 040 nouVanaf R936 per nag (plek vir 6) 8 5 1 5 Henry Road Ramsgate 4285 KwaZulu-Natal 021 201 8901 15:00-23:00 09:00 -30.890797922169 30.348221605441
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem