Petit Mountain Apartment

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 10 % af

Kry 10% af vir verblyf wat 14 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Beskrywing

Petit Mountain Apartment is 'n unieke selfsorgwoonstel met berguitsigte in Rondebosch. Dis sentraal geleë naby die hoofweg met talle koffiewinkels, winkels en restaurante en dis net 10 minute se ry vanaf die middestad.

Dié opgeknapte, na-oorlogse Art Nouveau-woonstel is op die tweede verdieping van die Edwardiaanse gebou, Selbourne, geleë. Dit spog met antieke ligte, unieke ontwerperstukke met 'n kontemporêre gevoel en 'n tikkie karakter. Dit het ook gehalte-linne en afwerkings.

Petit Mountain Apartment bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis en -sitkamerarea. Die eerste slaapkamer is 'n voorste balkonkamer en het 'n dubbelbed. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed. Die badkamer het 'n bad, stort en gehalte-toiletware.

Die leefarea het bruikbare en bedekte meubels, 2 rusbanke, 'n ottoman, stoel, HiFi, spesiale pottebakkery, glastafels en oulike tierlantytjies. Die kombuisie het 'n yskas-vrieskas, ketel, broodrooster en 'n induksiestoofplaat. Daar is 'n verskeidenheid tee's, gemaalde koffie en 'n mokapot. Gratis WiFi word voorsien.

Selbourne is 1 van 3 Edwardiaanse dubbelverdiepingblokke wat 'n netjiese tuin deel. Dié tuin is ideaal vir braai en piekniek.

Kenmerke

  •  Braaiplek
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Bergfietsroetes

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Tee

Parkeerplek

  •  Parkering Op Die Straat

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Petit Mountain Apartment gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R750 R675 per nag (vir 2 mense)

Kry 10% af vir verblyf wat 14 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za