Petronella Guest House
Beskrywing
Petronella Guest House is net 3 km van Bethlehem af. Die gastehuis bied 3-ster-selfsorgverblyf in 'n rustige omgewing met wonderskone uitsigte op die Malotiberge en die Asrivier. Ons is naby die N5 (Durban/Harrismith-pad) af geleë.
Al ons kamers het aparte ingange, en suite-badkamers, yskaste, mikrogolfoonde en ketels. Komplimentêre koffie/tee, suiker, melk en tuisgebakte beskuit word voorsien. Linne, seep en handdoeke word ook daagliks voorsien. Al die kamers het DStv met M-Net, Movie Magic en al die SuperSportkanale. Ons is troeteldiervriendelik.
Petronella Gastehuis beskik oor konferensiegeriewe en kan tot 45 gaste in ons saal akkommodeer. Ons voorsien verskeie geregte as 'n opsionele ekstra. Petronella Guest House se plaas-atmosfeer, groot, oop ruimtes, pragtige tuine en bekostigbare pryse maak dit die ideale bestemming vir skoolgroepe, sportspanne, kerkgroepe en familiebyeenkomste.
Kenmerke
- Afrikaans
- Swembad
- Braaiplek
- Troeteldiere indien gereël
- Veilige Parkering
- Konferensiegeriewe
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Swem
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Speletjieskamer
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gimnasium
- Konferensiegeriewe
Hier praat ons
- Afrikaans
Konferensie geriewe
- Blaaibord
- Witborde
- Televisie
- Videospeler
- Plek vir tot 50 afgevaardigdes
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete Op Versoek
- Middagete
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Kaart Meer oor die omgewing
Gaste wat na Petronella Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:
Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za |
![]() ![]() |