Phoenix 3

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Phoenix 3 is 'n selfsorg-eenheid in Paternoster, 'n bekoorlike vissersdorpie aan die Weskus. Dié dorp is 'n gewilde toeristebestemming vir mense wat op soek is na 'n Mediterreense atmosfeer, helderblou water, afgewitte kothuise, tradisionele visserman-argitektuur en eindelose wit strande.

Dié oopplan-eenheid het lugversorging en is 1 van 3 woonstelle met 'n aparte ingang. Die slaaparea het 'n dubbelbed en daar is 'n oop en suite-badkamer met 'n Victoriaanse bad, stort en toilet. Die eenheid het 'n kombuis met 'n eet- en sitarea. Die kombuis is goed toegerus vir selfsorg met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas en mikrogolf. Daar is 'n ingeboude braai-area. Die eetarea het sitplek vir 4 gaste, terwyl die sitkamer gemaklike sitplek het en 'n TV met sekere DStv-kanale.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Gratis WiFi

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Phoenix 3 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 210 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za