LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Phumula Beach Cottage | LekkeSlaap
+16

Phumula Beach Cottage

5 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hotelstraat 3, Salt Rock, 4391, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R9 480 per nag (vir 12 persone)

Beskrywing

Phumula Beach Cottage is 'n selfsorg-eenheid in die voorste ry huise teen die hoofstrand in Salt Rock, 'n klein dorpie net noord van Ballito en Shaka's Rock aan die Dolfynkus van KwaZulu-Natal.

Dié sesslaapkamer-kothuis het slaapplek vir 12 mense. Daar is 3 kamers met 'n koningingrootte-bed, en 3 kamers met 2 enkelbeddens elk. Elke kamer het lugversorging en linne word voorsien. Handdoeke is beskikbaar op versoek, maar ons stel voor jy bring jou eie saam. Die eenheid word daagliks skoongemaak.

Die ruim kombuis is goed toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas en 'n mikrogolfoond. 'n Wasmasjien, tuimeldroër en skottelgoedwasser is ook beskikbaar. Die eetarea het sitplek vir 10 mense en die leefarea het gemaklike sitplek rondom 'n TV met sekere DStv-kanale. WiFi is beskikbaar teen ekstra koste. Die leefarea lei na 'n onderdakstoep met buitesitplek en braaigeriewe.

Die huis word 24 uur van die dag deur 'n sekuriteitsmaatskappy gemonitor en het ook 'n Chubb-alarm en sekuriteitstrale. 'n Toesluitkluis is in die eenheid beskikbaar.

Kenmerke

Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Wasgoeddiens
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Kantoorgeriewe

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 5 resensies vir Phumula Beach Cottage
Netheid
4.8/5
Diens
4.8/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Hotelstraat 3, Salt Rock, 4391, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Phumula Beach Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R9 480
per nag (vir 12 persone)
Vanaf R9 480
per nag (vir 12 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hotelstraat 3, Salt Rock, 4391, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDQ5NmZlZDUwLWM5YWYtNDU5YS04YTU5LTI5NDg0ODA4NGU2MQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R9 480  per nag (vir 12 persone) 5 5 1 5 3 Hotel Road Salt Rock 4391 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -29.506147051051 31.235998106094
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!