Picasso Guest Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 10 % af

Kry 10% af vir verblyf wat 11 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Beskrywing

Picasso Guest Cottage is 'n netjiese en skoon selfsorg-gaste-kothuis in Moreletapark. Dit is na aan die Pretoria-Oos Hospitaal, Woodlands Boulevard en Moreletapark Kerk geleë. Picasso bied die ideale verblyf vir diegene wat Pretoria besoek, vriende of familie in die hospitaal besoek of sakereisigers wat konferensies of geleenthede in en om Pretoria moet bywoon, maar bied steeds 'n huislike atmosfeer.

Die kothuis het slaapplek vir maksimum 4 gaste. Die boonste slaapkamer het 'n dubbelbed en daar is 2 ekstra enkelbeddens in die leefarea op die grondvloer. Die badkamer is op die boonste verdieping en het slegs 'n stort, wasbak en toilet. Linne en handdoeke word voorsien. Daar is ook 'n kombuisie wat met 'n yskassie, ketel, mikrogolfoond, breekware en eetgerei toegerus is. WiFi is ook beskikbaar

Picasso Guest Cottage, wat aan die hoofhuis verbind is, het 'n privaat ingang en 'n klein patio met braaigeriewe. Veilige onderdakparkeerplek word voorsien.

Rook is streng verbode in die eenheid. Troeteldiere word ook nie toegelaat nie.

Slaapplek

'n Bespreking by Picasso Guest Cottage sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Area 1 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Bergfietsroetes

Badkamer

  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Ekstras

  •  Tee en Koffie Skinkbord

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier
  •  Klein Kombuis

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Gedeelde DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Picasso Guest Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 000 R900 per nag (vir 4 mense)

Kry 10% af vir verblyf wat 11 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za