+52
Selfsorg in Arniston

Pirate's Landing

15 gaste

6 slaapkamers

9 beds

6 badkamers

  • 15 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • 2 Taillard Street, Arniston, 7280, Wes-Kaap Sien kaart

Beskrywing

Pirate's Landing is op die strandfront in Arniston geleë en bied slaapplek aan 15 gaste. Dit spog met 'n panoramiese see-uitsig en bied maklike toegang tot die strand.

Dié dubbelverdiepinghuis het 'n 180°-uitsig oor die see en bied gerieflike toegang tot die strand. Daar is 6 en suite-slaapkamers. In die hoofhuis is daar 4 slaapkamers op die onderste verdieping en 2 slaapkamers op die boonste verdieping. Die eerste slaapkamer op die boonste verdieping het 'n koninggrootte-bed en 'n pragtige see-uitsig en die ander slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n enkelbed. Een van die kamers onder het 'n koninggrootte-bed en die ander een het 2 enkelbeddens. Die derde slaapkamer het 2 stapelbeddens met slaapplek vir 4. Daar is nog 'n slaapkamer met 'n dubbelbed by die swembad. Elke badkamer het 'n stort, 'n toilet en wasbak. Beddegoed en handdoeke word voorsien.

Die groot oopplan-kombuis het 'n ingeboude kaggel, 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas, koffie- en teemaakgeriewe en 'n Nespresso-masjien. Gaste moet asb. hul eie koffiekapsules saambring. Mineraalwater is beskikbaar, met of sonder gas. Die opwasarea het 'n wasmasjien. Daar is 'n etenstafel en 2 sitareas waarvan een 'n kaggel het. DStv en WiFi is beskikbaar.

Die leefarea lei na 'n stoep met 'n see-uitsig en daar is 'n klein swembad in die beskutte binnehof. Verder is daar braaigeriewe en 'n braaiput met 'n uitsig oor die see. Pirate's Landing het 'n alarmstelsel met gewapende reaksie en die huis word daagliks skoongemaak.

Arniston het lieflike strande en talle restaurante. Aktiwiteite in die omtrek sluit bergfietsry, voetslaan, visvang, walviskyk en skeepswrakduik in. Gaste kan ook die spa by Arniston Hotel besoek of na die Waenhuiskrans-grot stap.


Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
TV
Volledige kombuis
Braai

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.3/5

Cornel Geverifieer

Eiendomme 45

Resensies 169

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • 2 Taillard Street, Arniston, 7280, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 19 000
per nag (plek vir 15)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 19 000
per nag (plek vir 15)
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R 19 000
per nag (plek vir 15)
Bespreek

2 Taillard Street, Arniston, 7280, Wes-Kaap

Sien kaart
  • 15 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Soos Gesien op Instagram
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAmAIGSLMbh6vFfecr1iDIGaR127r4zs7YP0L9WYpMb8FtqCLlhL?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R19 000 per nag (plek vir 15) 2 Taillard Street Arniston 7280 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -34.66875958424 20.233297093254
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang