The Platinum Boutique Hotel

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

The Platinum Boutique Hotel is 'n boetiekgastehuis, deur Bauhaus geïnspireer en hoog bo in die wonderskone Houtbaaivallei geleë. Die argitektuur is modern en die geriewe is 4-ster. 'n Toevlugsoord met oop ruimtes, natuurskoon en helder uitsigte op die berg en die see.

Rook is verbode in al die eenhede by The Platinum Boutique Hotel. Gaste is welkom om buite, voor hul eenhede of in die tuin, te rook. Elke kamer is toegerus met vinnige, koordlose internet (100 MB) 'n platskerm-TV, Apple TV-vermaakstelsel, yskassie met voorraad, 'n Nespresso-koffiemasjien, ingeboude kluis en haardroër.

Hierdie sjiek gastehuis staan in 'n lowergroen tuin en is op 'n klein bergplato geleë. Ontspan en geniet die soutwaterswembad of benut die hotel se sentrale ligging om daguitstappies na die Wes-Kaap se pragtige strande, welige wingerde en ander besienswaardighede in- en om Kaapstad te onderneem.

The Platinum Boutique Hotel is sentraal geleë in die Kaapstad-area. Ons gaste bevind hulself te midde van berge, see en natuur. Kaapstad Lughawe is net 35 minute ver en die Waterfront is net 25 minute se ry van ons af. Net 'n kort rukkie agter die stuurwiel is al wat tussen jou en Constantia se wynstreek en die luisterryke strande van Llandudno, Noordhoek en Kommetjie staan.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Persoonlike Kluis
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels
  •  Duits

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af
  •  Parkering Op Die Straat

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na The Platinum Boutique Hotel gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 900 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]