Platteland Gastehuis
- Kapasiteit: 4 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Landehuis 1135, Jan Kempdorp, 8550, Noord-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R800 per nag (vir 2 persone)
Beskrywing
Platteland Gastehuis is 'n klein maar luukse huis waar gaste altyd tuis sal voel. Die gastehuis word deur die eienaars bestuur en is geleë naby Jan Kempdorp, wat op die N18 is. Dit skakel op sy beurt met die N12 wat na Kaapstad in die 1 rigting lei, of na Johannesburg in die ander. Dus is dit die perfekte oorstopplek vir gaste op die pad.
Hier is tans 2 dubbelkamers, elk met en suite-badkamers en DStv, mikrogolfoond, yskassie, koffie en tee. Elke kamer is stylvol deur die eienaar versier. Daar is veilige onderdakparkeerplek sodat jy gerus kan wees en kan ontspan terwyl jy braai - ons kan braaipakkies verskaf.
Gaste kan ook luilekker ontspan in die tuin met 'n boek, of gaan gholf speel by die nabygeleë klub. Ons kan ook jou aandete voorberei wat jy in jou kamer of in die boma kan geniet.
Ontbyt kan ook gemaak word.
Van die besienswaardighede in die omgewing sluit die volgende in:
* Hartswater Wynkelder
* Olive SA se hoofkantore waar olyfolie geproduseer word
* Die Vaalharts Besproeiingsisteem is die grootste besproeiingsisteem suid van die ewenaar.
* Pekanneut-fabrieke - helfte van SA se pekanneute word by die Vaalharts Besproeiingsisteem geproduseer
* Kimberley se Groot Gat is sowat 80 km van ons af.
* Jan Kempdorp is ook die enigste dorp wat in 2 provinsies geleë is - Noord-Kaap en Noord-Wes!
Kenmerke
Geriewe
- Kinderoppasser Op Versoek
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Nagportier
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Skoonmaakdiens Op Versoek
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete Op Versoek
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Landehuis 1135, Jan Kempdorp, 8550, Noord-Kaap
- Gaste dink Platteland Gastehuis het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Jan Kempdorp Noord-Kaap
- Kapasiteit: 4 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Landehuis 1135, Jan Kempdorp, 8550, Noord-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom