Point Lodge
Kry 20% af. Geldig vir verblyf vanaf 16 Jun 2024 tot 1 Jul 2024.
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 13 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: The Point, Knysna, 6570, Wes-Kaap
-
Vanaf
R960R768 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Die Point Lodge is ideaal geleë op die randjie van die Knysna strandmeer waar die water met hooggety teen die tuinmuur kabbel. Ontspan langs die sprankelende swembad terwyl jy die baie voëlsoorte in die tuin en die aangrensende vleilande bewonder. Die gesellige eetkamer, sitkamer en eerlikheidskroeg beskik oor kaggels en bied skouspelagtige uitsigte op die Knysna Koppe en oor die strandmeer.
'n Heerlike, volledige Engelse en kontinentale ontbyt word in die eetkamer bedien. Knysna het talle uitstekende restaurante waar jy aandete kan nuttig en ons sal met graagte namens ons gaste besprekings maak.
Die lodge het 9 slaapkamers wat elk individueel versier. 6 kamers het 'n uitsig oor die strandmeer, óf vanuit die kamer óf vanaf die private patio, en 3 kamers het 'n uitsig oor die tuin. Elke kamer het 'n televisie, radiowekker, haardroër, kluis en tee- en koffiemaakgeriewe. Rook is streng verbode in al die kamers, maar die meeste van die kamers het patio's waar rokers welkom is.
Point Lodge is die ideale bestemming as jy die omliggende inheemse woude en voetslaanpaaie, die skouspelagtige Featherbed natuurreservaat, die pragtige mere en nabygeleë strande wil verken. Die pragtige gholfbane Pezula, Simola en die gewilde Knysna Gholfklub is ook naby. 6 ander gholfbane is binne 1 uur se ry daarvandaan.
Meer inligting is by ons ontvangs beskikbaar en ons sal met graagte besprekings namens jou doen, indien jy van die plaaslike doendinge wil aanpak. Ons sal alles in ons vermoë doen om jou vakansie so lekker as moontlik te maak, óf jy nou wil rus óf baljaar!
Kenmerke
Geriewe
- ADSL-lyn
- Kroeg
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Swembad
- Gastesitkamer
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Persoonlike Kluis
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Xhosa
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
Parkeerplek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- American Express
- Diners-kaart
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Ryk Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 89
Op LekkeSlaap 12 jaar
Ligging
- The Point, Knysna, 6570, Wes-Kaap
- Gaste dink Point Lodge het ’n uitstekende ligging
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 13 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: The Point, Knysna, 6570, Wes-Kaap