Polka's Place No 78
- Kapasiteit: 7 mense
-
Inkloktyd: 16:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Strandweg 78, Port Nolloth, 8280, Noord-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R2 300 per nag, vir 7 mense
Beskrywing
Hierdie pragtige tuiste is geleë aan die seekant en het 'n enorme gemeubeleerde veranda met 'n braaiplek. Dit is heeltemal beskut teen die wind en het 'n wonderskone uitsig oor die see. Die interieur is smaakvol gemeubeleer en elke bed is oorgetrek met 'n handgemaakte deken. Die ruim hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en die ruim derde slaapkamer het 3 enkelbeddens. Die eetkamer het 'n eetkamerstel met plek vir 10 gaste en die gerieflike sitkamer het 'n TV met 'n DVD-speler/DStv en groot rusbanke. Daar is ook 'n aparte kothuis met slaapplek vir 5 mense.
Die moderne kombuis is volledig toegerus met 'n stoof, mikrogolf, vries/yskas, boksvrieskas, skottelgoedwasser, versapper, koffiemasjien en meer. Kombuisdeure lei na die binnehof. Daar is 'n aparte wasgoedarea met 'n tuimeldroër en wasmasjien en die badkamer is ruim en toegerus met 'n groot bad en stort.
Ontspan sawens, gooi 'n vleisie op die kole of geniet aandete op die stoep. Kyk hoe die son wonderskoon oor Port Nolloth-baai en hoe die skuite en diamantbote terugkeer na 'n lang dag op die see, hoe hul van bakboord na stuurboord stuur tot in die kanaal na die hawe. Soggens kan besoekers kyk hoe dolfyne, robbe en af en toe self 'n walvis in die blou branders baljaar. Staan op die lieflike "boardwalk" en hou hierdie skouspel dop, volg hierdie lieflike paadjie oor die rotse en die poele.
Ons seekantwoning is ideaal geleë, net 200-300 m (langs die "boardwalk") van die restaurante en winkels af. Dit is egter ook privaat en ver genoeg van die rep en roer van die stadskern af. Stap heerlik langs die eindelose, wit sandstrande, gaan verken die unieke geskiedenis van hierdie sonderlinge kusdorpie. Die Nama's het dit oorspronklik "Aukwatowa" genoem, later het dit bekend gestaan as Robbebaai omdat hier so baie robbe was, uiteindelike het die Britse setlaars dit Port Nolloth genoem - die baai wat hulle toegnag gegee het tot die kopererts wat in die binneland gemyn word. Toe die erts begin minder raak het is alluviale diamante ontdek (1926). Vandag maak die diamant- en kreefindustrie en toerisme die grootste deel van die dorp se ekonomie uit.
Kon nie nader aan die strand gewees het nie!
Slaapplek
’n Bespreking by Polka's Place No 78 sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Parkering Op Die Straat
Dienste
- Wakker-bel oproep
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.5/5
D Moyses Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 69
Jaar gelys 9
Ligging
- Strandweg 78, Port Nolloth, 8280, Noord-Kaap
- Gaste dink Polka's Place No 78 het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Port Nolloth Namakwaland Noord-Kaap
- Kapasiteit: 7 mense
-
Inkloktyd: 16:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Strandweg 78, Port Nolloth, 8280, Noord-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom