Ponciana Superior Guesthouse

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Ponciana Superior Guesthouse het die Tripadvisor-toekenning in 2013 ontvang, en is 'n eksklusiewe, luukse gastehuis in Ifafi. By ons verloor gaste hulself in die wonderskone uitsigte en sonsondergange oor die Hartbeespoortdam en die omliggende Magaliesberge.

Daar is 3 ruim, luukse en suite-kamers. In elke kamer word 'n Afrika-atmosfeer soomloos vervleg met Europese luuksheid.

Ponciana Superior Guesthouse se majestueuse swembad in die hartjie van die pragtige tuin, die unieke warmwaterbron-, hidroterapie-Jacuzzi, infrarooi-sauna, stoep-sitkamer en The Highlander Bar maak dit die ideale wegbreekplek.

Ponciana Superior Guesthouse is net 'n uur se ry van O.R. Tambo Lughawe in Johannesburg af. Dit is ook gerieflik geleë net 25 km van Pretoria af en is ook baie na aan Brits se industriële gebied, Pelindaba, Pretoria-Noord, Gerotek Toetsbaan en Lanseria Lughawe af.

Engels, Afrikaans, Nederlands, Duits en Frans word by Ponciana gepraat.

Ons is ook meer as bereid om begeleide uitstappies na Pilanesberg Nasionale Park en Sun City te reël.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Geriewe

  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Engels
  •  Nederlands
  •  Frans
  •  Duits

Konferensie geriewe

  •  Blaaibord
  •  Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Ponciana Superior Guesthouse gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 950 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za