Port Alfred Sands Unit 1

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Port Alfred Sands Unit 1 is 'n selfsorg-eenheid in 'n omheinde kompleks met slaapplek vir 6 gaste. Dit is stapafstand vanaf West Beach en die kompleks bied 'n gemeenskaplike swembad en 'n lapa met braaigeriewe.

Die eenheid beskik oor 2 slaapkamers en 1 badkamer. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 'n stapelbed (2 enkelbeddens). Daar is 'n slaapbank in die sitarea vir 2 klein kinders of 1 volwassene. Die badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Vir gaste se gerief word linne en badhanddoeke voorsien.

Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, broodrooster, eetgerei, breekware en koffie- en teemaakgeriewe. Die sitarea het 'n platskerm-TV met volledige DStv. Gaste kan gerus hul eie dekodeerde en slimkaart saambring. Gratis WiFi is beskikbaar. 'n Skoonmaakdiens is beskikbaar op versoek teen ekstra koste.

Die leefarea bied toegang tot 'n patio met buitemuebels en privaat braaigeriewe wat oor die oseaan uitkyk. Parkeerplek is beskikbaar vir 1 voertuig onder 'n motorafdak. Let asb. daarop dat die eenheid via trappe bereik word en dus nie geskik mag wees vir klein kinders, bejaardes of gaste met gestremdhede nie.

Port Alfred is tussen Port Elizabeth en Oos-Londen geleë wat albei lughawes het. Port Alfred spog met 'n hele rits doendinge, 'n Blouvlagstrand (Kelly's Beach), diepseehengel, 'n avontuur-sentrum, asook talle restaurante en koffiewinkels. Die Royal Port Alfred Gholfbaan is net 5 minute se ry ver en die Gary Player Golfbaan en die Fish River Sun is net 20 minute se ry ver.

Slaapplek

'n Bespreking by Port Alfred Sands Unit 1 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Stapelbed

Area 1 - Huisves 2 kinders
1 x Kinderbank vir 2

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Badkamer

  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Maaltye Aangebied

  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Port Alfred Sands Unit 1 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 600 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za