Shelly Beach Akkommodasie by Portofino B | LekkeSlaap
+31
+31

Portofino B

  • Vanaf R997 per nag (plek vir 8)
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Portofino B, Shelly Beach, 4265, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Portofino B is 'n selfsorgwoonstel in Shelly Beach, 'n kusdorpie wat tussen Margate en Port Shepstone aan KwaZulu-Natal se Hibiskuskus geleë is. Shelly Beach se naam pas hom perfek aangesien die strande na hooggety vol van die allermooiste skulpe is. Hierdie kusdorpie bied verskeie goue strande, vriendelike inwoners, die geleentheid om allerande watersportsoorte te beoefen en fantastiese duikplekke.

Portofino B is op die tweede verdieping, bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer en 'n dubbelbed. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed, en die derde en vierde slaapkamer het elkeen 2 enkelbeddens. Die en suite-badkamer en die hoofbadkamer is elkeen gerig met 'n stort en 'n bad. Daar is plafonwaaiers in elke slaapkamer en in die sitarea.

Die woonstel beskik oor 'n kombuis, sitarea en 'n eetarea. Die kombuis is goed toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, ketel, broodrooster en 'n mikrogolfoond, asook 'n ontbyttoonbank met 4 stoeltjies. 'n Wasmasjien en tuimeldroër word voorsien vir jou gerief. Die eetarea het sitplek vir 6 mense, terwyl die sitarea 'n sitkamerstel en 'n TV met 'n DStv-koppelpunt het. Gaste moet net hul eie standaard dekodeerder en slimkaart saambring.

Die woonstel spog met 'n beskutte balkon met 'n buite-eetstel vir 8 mense en 'n gasbraai. Die kompleks bied ook gemeenskaplike braaigeriewe en daar is kelderparkeerplek vir 1 voertuig. Ekstra gasteparkeerplek is beskikbaar op 'n eerste-gesien-eerste-bedien-basis.

Slaapplek

’n Bespreking by Portofino B sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 13 resensies vir Portofino B
Netheid
4.5/5
Diens
4.5/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Portofino B, Shelly Beach, 4265, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Portofino B het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R997
per nag (plek vir 8)
Vanaf R997
per nag (plek vir 8)
Vanaf R997
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Portofino B, Shelly Beach, 4265, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDk5ZjRmZjkyLTJlNDUtNDJiZS1hNjljLWE3NmFmMmRjZjRlNA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R997  per nag (plek vir 8) 13 5 1 5 Portofino B Shelly Beach 4265 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-17:00 09:00 -30.816413336861 30.4058419168
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za