Presidensie Guest Rooms

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Presidensie Guest Rooms is in 2012 gebou en is direk langs die President Pretorius Museum. Ons is in 'n baie rustige woonbuurt, net 'n entjie se stap vanaf die Aardklop-feesterrein. Ons is 1 km vanaf die hoofhek van die Noordwes Universiteit, direk langs die Senwes Krieketstadion en baie na aan Mooimed Hospitaal.

Presidensie Guest Rooms bestaan uit 3 en suite dubbelkamers met 2 enkelbeddens elk. Elke kamer het lugversorging, DStv, 'n yskas en 'n mikrogolfoond. Elke kamer het ook sy eie onderdakparkeerplek en privaat patio.

Kom geniet 'n rustige, plattelandse atmosfeer in 'n veilige omgewing. Hoewel ons maar in 2012 eers ons deure geopen het, is meeste van die besprekings wat ons kry van gaste wat 'n derde of vierde keer terugkeer!

Ons plaas 'n groot premie op die gehalte van nie net ons akkommodasie nie, maar ook op die gehalte van ons diens ten einde te verseker dat jou besoek aan ons so aangenaam as moontlik sal wees.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensie geriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Presidensie Guest Rooms gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R890 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za