Protea Farm
- Kapasiteit: 40 persone
-
Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Plaas 107, Montaguweg, Koovallei, Montagu, 6720, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R620 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Protea Farm is in die Koovallei, sowat 29 km van Montagu af, op die prentjiemooi Roete 62 geleë en dit bied selfsorg-akkommodasie asook kampeerplek. Dis ideaal vir paartjies, groepies vriende of gesinne wat op soek is na 'n rustige wegbreekplek ver van die stad se gejaag. Boonop is daar is 'n verskeidenheid aktiwiteite om op die plaas te geniet.
Die verblyf by Protea Farm bestaan uit 4 bekoorlike, rustieke huisies en 'n kampeerplek. Die huisies is met al die nodige geriewe toegerus om te verseker dat gaste rustige verblyf geniet. Die huisies wissel in grootte en daar is slaapplek vir tussen 2 en 8 mense per hut in dubbelbeddens, enkel- en stapelbeddens. Elke huisie beskik oor 'n kombuisie met 'n tweeplaatstoof, mikrogolfoond, yskas en 'n ketel. Verder is daar ook 'n eetkamerarea met 'n tafel en stoele en 'n badkamer met 'n stort, wasbak en toilet.
Die Populierbos-kampeerplek is afgesonder, privaat en word omring deur die natuurskoon. Daar is 1 oopplan-eenheid met net drie mure wat sekere dele van mekaar skei. Die eenheid beskik oor 'n dubbelbed, 'n elegante bad, 'n kaggel en 'n buitestort. Daar is ook 8 kampplekke in die kampeerarea met 2 storte (1 binne- en 1 buitestort), 1 bad en 2 toilette.
Gaste kan heerlike trekkerritte op die plaas geniet. Die trekker ry al die pad teen die Langeberge op tot omtrent 1500 m bo seespieël waar 'n mens ongelooflike uitsigte oor die vallei kan aanskou. Die plaas is regdeur die jaar 'n fantastiese bestemming: van die lieflike herfskleure in die vrugteboorde en die yskoue winteraande voor die kaggel, tot by die pragtige bloeisels wat die landskap in die lente verfraai. In die somer kan gaste in die dam swem of die natuurskoon op een van die staproetes of bergfietsroetes op die plaas gaan geniet.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Opsomming van Resensie
Ligging
- Plaas 107, Montaguweg, Koovallei, Montagu, 6720, Wes-Kaap
- Gaste dink Protea Farm het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 40 persone
-
Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Plaas 107, Montaguweg, Koovallei, Montagu, 6720, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom