LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Quascateer | LekkeSlaap
+18

Quascateer

Selfsorg
Winteraanbod 20% af

Kry 20% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 15 Apr 2021 tot 31 Okt 2021.

  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Acacia-weg 11, The Island, Groot-Brakrivier, 6525, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R4 360 R3 488 per nag (plek vir 12)

Beskrywing

Quascateer is uitstekend geleë op The Island in Groot-Brakrivier. Die huis bied 'n uitsig oor die rivier en is ideaal vir gesinne wat lekker langs die vuur wil kuier, terwyl die kinders op die gras speel. Die huis het 'n privaat jetty vanwaar gaste hulle eie kano in die water kan sit, lyn kan natmaak, of selfs net in die rivier kan duik om lekker af te koel.

Die hoofhuis beskik oor 4 slaapkamers, waarvan 2 op die boonste verdieping geleë is en elkeen 'n dubbelbed het. Die ander 2 slaapkamers is op die onderste verdieping geleë, een met 'n enkelbed en die ander een met 2 enkelbeddens. Daar is 'n badkamer met 'n stort en 'n toilet, en 'n apart gaste-toilet.

Die kombuis is met 'n oond en stoof, broodrooster, ketel, mikrogolf, skottelgoedwasser en 'n ysmasjien toegerus en buite die kombuis is daar 'n wasmasjien, 2 yskaste en 'n kisvrieskas. Die huis is ruim en het 'n oopplan-eet en -sitarea met 'n TV, en dié area lei na 'n mooi agterplaas met buitebraai-geriewe. WiFi is op versoek beskikbaar.

Langs die hoofhuis is daar 'n woonstelletjie met 'n privaat ingang, dubbelbed en 'n klein slaapkamer met 'n stapelbed vir kinders. Die kothuis het sy eie en suite-badkamer met 'n stort. Die huis 'n buitestort met warm en koue water, ideaal om in af te spoel na 'n dag op die rivier. ’n Yskassie, ketel, broodrooster en mikrogolfoond, sowel as toegang tot die braai-area kan voorsien word.

Kenmerke

Braaiplek

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Ligging

  • Acacia-weg 11, The Island, Groot-Brakrivier, 6525, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
was R4 360
Vanaf R3 488
per nag (plek vir 12)
was R4 360
Vanaf R3 488
per nag (plek vir 12)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Acacia-weg 11, The Island, Groot-Brakrivier, 6525, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAd9dd0040b5ca6ac5edc41f8e4d905bbb82ad1521cbddfaaac450912fc6c7deea9c29ba35c68a9015ef3c74250a9ce5656425?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R4 360, nou Vanaf R3 488  per nag (plek vir 12) 11 Acacia Road The Island 6525 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.05234038039 22.240084270788
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!