@R62 Langklip Estate Game and Leisure

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

@R62 Langklip Estate is op 'n wildsplaas in die skilderagtige Kouga-Wildernisgebied geleë. Ons bied gerieflike safari-tipe akkommodasie en 'n hele rits doendinge vir gaste se genot. Langklip Estate bied 'n wegneemeetplek wat ontbyt en aandete bied, kruie toere, 4x4-roetes in ons voertuig en wildkyk. Daar is 'n 3,8 km-grondpad na die landgoed, maar dis nie nodig om 'n 4x4 te hê nie. Ons stel wel voor dat gaste nie voertuie met 'n lae grondvryhoogte gebruik nie.

Die eenhede word omring deur wild wat die ideale safari-atmosfeer skep. Elke eenheid beskik oor 'n badkamer en het toegang tot 'n braai-area buite. Die eenhede is ook toegerus met 'n gasgeiser en sonkragligte (geen Eskom-elektrisiteit). Party eenhede het kragopwekkers.

Langklip Estate bied alles, van ontspanne aktiwiteite tot uitdagende doendinge vir die avontuurlustige gaste. Doendinge sluit vierwielmotorfietsroetes (gaste kan hul eie motorfietse saambring), 4x4-roetes, teikenskiet, perdry op 'n buurplaas, rotsklim en begeleide wild- en medisinale kruie-toere in. Daar is ook 'n baars-visvanguitstappie na die Kougarivier. Gaste kan selfs wild soos gemsbokke en springbokke besoek wat uit jou hand uit eet. Doen asb. navraag rakende die pryse.

Hierdie pragtige bosveld-area spog met skouspelagtige inheemse en mak wild, rotse en kranse, fynbosberge, vetplante en valleie vol vrugte. Die area is rustig en tog baie opwindend. Dis ideaal vir gaste wat interessante aktiwiteite wil aanpak en die landskap wil verken.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Baarshengel

Aktiwiteite op perseel

  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Restaurant op Perseel
  •  Persoonlike Kluis

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Dataprojektor
  •  DVD-speler
  •  Skootrekenaar-projektor
  •  Internet
  •  Televisie
  •  Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Piekniekmandjies Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na @R62 Langklip Estate Game And Leisure gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R598 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za