Ramsgate Beach Akkommodasie by Ramsgate Beach Holiday Apartment | LekkeSlaap
+40

Ramsgate Beach Holiday Apartment

4 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Birdstone-weg 522, Ramsgate, 4285, KwaZulu-Natal
  • Geen kinders onder 2
  • Vanaf R850 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Ramsgate Beach Holiday Apartment is in Ramsgate aan die Suidkus van KwaZulu-Natal geleë en bied gehalte-vakansieverblyf wat ideaal is vir 'n gesin of 'n groep vriende. Dit is op die strand met geen paaie of geboue wat die pragtige uitsig versper nie.

Die woonstel is op die tweede verdieping van bo af en spog met 'n 180°-uitsig oor die see. Dit beskik oor 2 slaapkamer met slaapplek vir 6 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n stapelbed. Daar is 'n aparte badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak, asook 'n gastetoilet vir gaste se gerief.

Die kombuis is toegerus met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei. Daar is 'n eetarea met genoeg sitplek.

Die sitarea het 'n gemaklike sitstel en 'n TV met DStv. Dit bied toegang tot 'n balkon en gaste kan die see-uitsig vanaf die hoofslaapkamer en die sitarea geniet.

Daar is veilige parkeerplek in 'n motorhuis en die kompleks het 'n gemeenskaplike swembad, braai-area en 'n groot grasperk waar die kinders kan kerjakker.

Die klein sekuriteitsblok is naby Ramsgate se Blouvlagstrand en strandmeer. Die kompleks bied direkte toegang tot die strand waar gaste kan wandel en in die rots- en getypoele baljaar.

Verskeie winkels, restaurante, doendinge en besienswaardighede is ook naby die eenheid.

Slaapplek

’n Bespreking by Ramsgate Beach Holiday Apartment sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed Stapelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 4 persone
1 xDubbelbed
1 xStapelbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 4 resensies vir Ramsgate Beach Holiday Apartment
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Birdstone-weg 522, Ramsgate, 4285, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Ramsgate Beach Holiday Apartment het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R850
per nag (plek vir 6)
Vanaf R850
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Birdstone-weg 522, Ramsgate, 4285, KwaZulu-Natal
  • Geen kinders onder 2
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAlh3JTaVUJKp2pU4F9vcpEAnxPi036rxfyMpeG8a9RfUwfFakS9?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R850  per nag (plek vir 6) 4 5 1 5 522 Bidstone Road Ramsgate 4285 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-16:00 09:00 -30.887081338477 30.351193243655
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za