Retro Motel

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Retro Motel is 'n uitloopsel van ons oorspronklike venue, Retro Café, weens die gewildheid daarvan.

Ons naam sê dit alles - 'n knus plekkie in Kameeldrift - Oos, en route na Dinokeng, Pretoria, waar die tyd nie belangrik is nie. Hier ervaar jy vervloë dae, gasvryheid en 'n rustigheid wat sal maak dat jy nooit wil weggaan nie. Die kamers het geen TV's nie en WiFi-geriewe is slegs vir noodgevalle beskikbaar. So verseker ons dat jy heeltemal kan ontspan en die prag van die tuine en die voëlgesang kan indrink. Ons is slegs 12 km vanaf die Kolonnade Winkelsentrum in Pretoria geleë en bied maklike toegang tot die N1-hoofweg. Retro Motel bied die ideale akkommodasie vir 'n naweek-wegbreek van die stad se geraas, sonder dat jy ure op die pad hoef deur te bring.

Ideaal vir 'n romantiese wegbreek of 'n blaaskans ... Bring 'n boek om in jou kamer, of een van die pragtige hoekies in die tuin te geniet. Piekniekmandjies kan op versoek voorberei word en ontbyt is opsioneel (kan ook in jou kamer geniet word).

Al ons kamers is dubbelkamers met en suite-badkamers en kombuisies (braaigeriewe op versoek beskikbaar) en daaglikse skoonmaakdiens. Oorgenoeg veilige parkering beskikbaar.

Retro Café en Retro Motel is die produk van jare se passie vir die versameling van spesiale items wat elk hul perfekte plekkie op ons perseel gevind het - 'n eklektiese versameling, meestal uit die vyftigerjare, met 'n paar items uit die 30's en die 40's, gekombineer met outentieke, rustieke houtmeubels.

Hier kan jy kop en skouers bo die res uitstaan. Ons venue is ideaal vir 'n unieke troue en kan 30 - 50 mense akkommodeer, met 'n verskeidenheid opsies om van te kies. Of op ons stoep, in die hoofhuis, of in die "museum" met sy swart en wit blokkiesvloer (omring deur alles van die 50's!), in 'n markiestent of onder die pragtige bome en die boma - die keuses ken geen einde nie! Hierdie unieke ervaring is wel nie beperk tot troues nie, ons sal jou verlowing, 21ste verjaardag, 50ste verjaardag, jaareindfunksie, ooievaarspartytjie, ens. 'n onvergeetlike ervaring maak! 'n Romantiese piekniek saam met jou liefie, of 'n prettige piekniek vir die hele gesin? Kom na ons toe, vind 'n lekker plekkie in die tuin en ontspan terwyl julle smul aan een van ons heerlike piekniekmandjies!

Verder het ons 'n versameling Harley Davidson-motorfietse en semi-gerestoureerde ou motors, 'n windpomp, groot kaktustuin en houtskuur ... die perfekte agtergrond vir 'n fotosessie!

Ontbyt is beskikbaar op versoek indien dit vooraf bespreek word. Dit is egter nie beskikbaar op Sondae oggende nie.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Duits

Maaltye Aangebied

  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Retro Motel gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R900 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za