Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Rhodes Cottages - 402 On Sauer

Selfsorg

Jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.

4.3/5

Jill Geverifieer

Eiendomme 17

Resensies 100

Jaar gelys 7

Opsomming van Resensie

3.7 uit 5van 8 resensies vir Rhodes Cottages - 402 On Sauer
Netheid
3.3/5
Diens
3.9/5
Ligging
3.9/5
Veiligheid
3.9/5
Waarde vir geld
3.6/5
Kobus K - Jan 2024
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Kobus K
Saam met eggenoot / lewensmaat

The stay was comfortable and clean.

It was good for our purpose. Just sleeping over.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Marthinus L - Mei 2023
Algehele gradering
Netheid
3/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Marthinus L
Saam met eggenoot / lewensmaat

Kuier was aangenaam. Ons geniet die stilte. Alles beskikbaar wat nodig is. Alles is funksioneel. Het altyd veilig gevoel. Huis is daagliks gediens.

Huis is baie sentraal, binne loopafstand indien jy die hotel wil besoek vir drankies of etes. Die inligtingspamflet agter die kombuiskas is nie baie opsigtelik nie. Die staal braaistaander moet dalk vervang word.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Anton T - Apr 2023
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Anton T
Saam met eggenoot / lewensmaat

Die huis is oud maar gerieflik genoeg.

Die huis self is oud maar die gebruiksware (yskas, mikrogolf, ens.) en die badkamers is in 'n goeie toestand.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Lyndi L - Des 2021
Algehele gradering
Netheid
2/5
Diens
2/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
2/5
Lyndi L
Gesin met klein kinders

Disappointing.

The cottage was charming and quirky to an extent (and we usually love more rustic accommodation, but there were a few things that weren't working including one of the geysers. There was also a note about drinking the water - tap water fine but drinking water provided in the fridge - and the water in the fridge had bits of mold floating in it. We found a host a little unhelpful and not super responsive. The housekeeper was lovely and helpful though.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
W B - Sep 2017
Algehele gradering
Netheid
3/5
Diens
4/5
Ligging
3/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
3/5
W B

Baie stil omgewing met mooi natuurskoonheid.

Baie items in huis is te oud, nie meer bruikbaar soos die potte. Tog het van die outydse artikels hul eie bekoring. Dit is baie stil, wat dit 'n rustige rusplek maak.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Emil S - Jul 2017
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
5/5
Emil S

Groot, gemaklike, outydse huis.

Ons is opgradeer na Mascot huis sonder ekstra koste. Lekker ou huis, gemaklike beddens met elektriese komberse, kaggel met hout en steenkool vir die koue. Groot kombuis en sitkamer. Ek sal graag terugkom met die res van die familie.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Ilze S - Jun 2017
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Ilze S
Saam met eggenoot / lewensmaat

Gasvry en perfek- ouwêrelds met sjarme en so "cosy".

Ons het opgedaag in die winterkoue in die donker en was verwelkom in 'n ouwêreldse huisie, met moderne benodigdhede, 'n kaggel reg om aan te steek, elektriese warm komberse, verwarmers, en 'n heerlike stort. Die plek was romanties en perfek.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Rhodes Cottages - 402 On Sauer se terugvoer

Thank you so much for your lovely review, we are happy to hear how you appreciated the charm of one of our oldest houses in Rhodes and that you were comfortable. We hope to accommodate you again soon in our beautiful village.

Rhodes Cottages - 402 On Sauer
Eric D - Mrt 2017
Algehele gradering
Netheid
1/5
Diens
2/5
Ligging
2/5
Veiligheid
2/5
Waarde vir geld
1/5
Eric D
Saam met vriende

Die verblyf in Steel's House was onaanvaarbaar en substandaard.

Ek en die res van die groep is baie ongelukkig met die akkommodasie wat ons in Rhodes Steele's House, gekry het en eis hiermee die totale koste van R5530 terug. Ek het aanvanklik (verwysingsnommer: LS-24CJ9F) twee eenhede in Self-Catering Units 1 to 11 vir 4 mense elk gevra vir die twee aande (26 - 28 Maart 2017). Steele's House het toe vir my aangebied (verwysingsnommer: LS-24CJJW). Ons reis baie en het al vele kere suksesvol deur LekkeSlaap bespreek en het aanvaar dat daar darem ‘n sekere standaard moet wees waaraan eenhede moet voldoen. Die feit dat dit 'n ou huis is was nie vir ons 'n probleem nie. Dit is deel van Rhodes se atmosfeer. Die kombuis, bad en toiletgeriewe kon op grond daarvan moontlik as aanvaarbaar beskou word. Die slaapgeriewe (beddens) was egter skokkend substandaard. Twee van die beddens was onslaapbaar. Dit was ysterkatels met uitgerekte vere wat jy jare gelede in skoolkoshuise aangetref het. Die matrasse was ou dun sponse. Die een bed het twee plankies op gehad maar was a.g.v die dun matras kliphard en die dame wat daarop moes slaap het in die nag rondgegly. Nog 'n dame, 'n gas uit Holland, wat op die ander katel moes slaap het heeltemal ingesak en het in 'n holte amper op die vloer gelê. Die matras op die dubbelbed in die eerste slaapkamer soos jy by die voordeur inkom, was oud en gehawend. Ek en my vrou het daarop geslaap en die vere het geraas met elke beweging wat jy maak. Die tweede oggend vroeg toe ek gelê en lees het, het 'n rot onder die bed ingehardloop. Die skoonmaker het ook nie die bed die eerste oggend opgemaak nie. Die ergste is toe ons Jill Steynberg die eerste oggend bel en kla oor die beddens, het sy gesê dat sy ten volle bewus daarvan is dat die beddens nie op standaard is nie. Dit nadat sy die huis aanbeveel het. Ons waardeer dat sy die twee dames toe na ander huisvesting verskuif het vir die tweede nag, maar hulle moes daar sonder handdoeke klaarkom. Die ander beddens was nie veel beter nie. Die beddegoed was oor die algemeen oud en een kombers het twee yslike gate in gehad. Daar was slegs 2 rolle toiletpapier in die hele huis vir 9 mense vir 2 dae. In my vrou se soeke na nog toiletpapier sien sy toe hoe vuil is die kaste is die badkamer ... slordig en vol ou gemors. Ons het die tweede aand by Walkabouts in Rhodes gaan eet en Rick het ons toe een van sy huise gaan wys met 'n kapasiteit vir 14 wat nie gaste in gehad het nie. Dit was lieflik keurig en ruim met pragtige linne en dit vir R225 per persoon per nag. Sy R300 (ons het R307 betaal) per nag akkommodasie is glo luuks met koninggrootte beddens en allerhande ander luukshede. Boonop is daar bykans R3000 uit ons huis geroof. Toe ons aanvanklik by die huis aankom was dit nie gesluit nie en die sleutel was binne die huis. Die voorskrifte in die huis het ook gesê dat ons die huis maar kan sluit omdat die skoonmakers duplikate het. Ons gedagte was dus dat dit 'n klein dorpie is en dat alles veilig is. Ons het net na ons aankoms om die blok gestap om rond te kyk en vir 'n bietjie bene rek na die lang rit na Rhodes. Die volgende dag het drie dames wat hul handsakke in die huis gelos het, agtergekom dat die geld uit hulle beursies gesteel is. Toe ek Jill daarmee konfronteer het sy gesê dat diefstal 'n probleem in Rhodes word. Rick van Walkabouts Inn het egter vertel dat dit 'n groot probleem is in Rhodes en dat veral kinders daarvoor gebruik word omdat hulle nie tronk toe kan gaan nie. Ons het juis twee jong seuns om ons met fietse sien ry toe ons gestap het. Dit is dus 'n situasie wat definitief onder besoekers se aandag gebring moet word met hulle aankoms in Rhodes en dat hulle hul deure en besittings ter alle tye moet sluit, iets wat Jill nagelaat het. Tydens ons vooraf reis deur Lesotho het ons daar vier nagte by verskillende plekke oorgeslaap. Die standaard daarvan en diens was uitstekend. Steele's House is nou wel ‘n “vintage” huis maar dit nie nodig dat die geriewe binne afgeskeep hoef te wees nie. Daar was definitief beter akkommodasie in Rhodes beskikbaar soos Rick vir ons gewys het. Die ervaring was so onaanvaarbaar dat ons eis dat die volle verblyfskoste van R5530 aan ons terugbetaal word. Ons sal verplig wees om na die sosiale media en koerante te gaan met hierdie voorval as ons nie die geld terug ontvang nie. Verder voel ons dat Steele's House definitief van die webtuiste onttrek moet word totdat dit op standaard is. Baie dankie byvoorbaat.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Vanaf
R2 664
per nag, vir 9 mense
Vanaf
Vanaf R2 664
per nag, vir 9 mense
Vanaf
R2 664
per nag, vir 9 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 9 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sauerstraat, Rhodes, 9787, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAfac103aa88747780a960f0043e6e1ae2791bf5df4b642d165bc558511de8acc1a12df5b13f3b1fda60e788d3b0cb0e2a2bfa?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 664 per nag, vir 9 mense 8 5 1 4 Sauer Street Rhodes 9787 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -30.795356 27.9626361
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem