Rickety Bridge
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Silwerstrand Boulevard 56, Robertson Golf and River Estate, Robertson, 6705, Wes-Kaap
- Vanaf R2 000 per nag, vir 4 mense
Beskrywing
Rickety Bridge is 'n lieflike woonstel op die Robertson Golf and River Estate. Dié verblyf het 'n aparte ingang. Dit is die ideale ligging vir 'n rustige wegbreek buite die stad se gewoel.
Die eenheid bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 en suite-slaapkamers met koningingrootte-beddens. Elke badkamer het 'n bad en 'n stort óf net 'n stort. Linne, seep, elektriese komberse en badhanddoeke word voorsien. Daar is 'n 5 kW-omsetter sodat daar steeds elektrisiteit tydens beurtkrag sal wees.
Die eenheid het ook 'n yskassie en 'n koffiestasie met koffie en tee. Gebottelde water word voorsien. Gratis WiFi, 'n TV in die hoofgasteslaapkamer het Netflix, asook veilige parkeerplek vir 2 voertuie is beskikbaar.
Die landgoed is die tuiste van die Robertson Gholfklub met 'n baan wat 18 putjies het. Die eenheid is stapafstand van die klubhuis. Robertson Gholfklub hou baie toernooie regdeur die jaar.
Daar is ook 'n speelpark vir kinders. Gaste kan ook draf, stap en fietsry in die omgewing.
Die eiendom is gerieflik naby besienswaardighede soos die Robertson Wynvallei geleë, wat wynproe-sessies en -toere bied, asook Marbrin Olive Farm en Viljoensdrift bootvaarte. Wonderlike restaurante soos Four Cousins en Bourbon Street bied heerlike etes aan gaste. Die Gholfklub het deur die dag ligte maaltye beskikbaar.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Wynproe
- Fietsry
Aktiwiteite Naby
- Wynproe
- Fietsry
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Internet
- Televisie
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Elektriese kombers
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Mikrogolfoond
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Rene Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 24
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Silwerstrand Boulevard 56, Robertson Golf and River Estate, Robertson, 6705, Wes-Kaap
- Gaste dink Rickety Bridge het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Robertson Kaapse Wynlande Wes-Kaap
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Silwerstrand Boulevard 56, Robertson Golf and River Estate, Robertson, 6705, Wes-Kaap