LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Rietfontein Guest Farm | LekkeSlaap
+56

Rietfontein Guest Farm

Selfsorg

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 5 resensies vir Rietfontein Guest Farm
Netheid
4.8/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.0/5
Jacques L - Apr 2021
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
3/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
3/5
Jacques L
Gesin met klein kinders

Oulik, maar...

Oulike plek, netjies en so aan. Die jacuzzi was baie lekker en kinders het die ervaring baie geniet. Ek is nie seker dit was gepas vir die prys nie maar was nie totaal ongelukkig nie. Die bergfiets roete is glad nie goed gemerk nie en my arme vrou het baie verdwaal. Ons het ook gesukkel met aanwysings vir die staproete. Verder is daar nie 'n 4x4 roete soos aangedui nie.

Rietfontein Guest Farm's terugvoer

Hi Jacques,
Ek is bly julle het die hot-tubs geniet en dat die huisie na julle smaak was. Die bergfiets roetes is op publieke paaie. Niemand het nog ooit verkeerd gestap op die uitgemerkte roete nie. Nerens word geadverteer dat ons 4x4 roetes doen nie.
Bly veilig.
Groete

Rietfontein Guest Farm
Johan P - Jan 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Johan P
Gesin met klein kinders

Rus vir die siel!

Charl is 'n ongelooflike gasheer. Hy het ons baie tuis laat voel. Die plekkie was lieflik. Die kinders het dit vreeslik geniet.

Rietfontein Guest Farm's terugvoer

Hi Johanndi,
Ek is bly julle het dit geniet hier by ons.
Ek sien uit daarna om julle weer op Rietfontein te verwelkom.
Voorspoed.
Groete

Rietfontein Guest Farm
Thea R - Jul 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
3/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
3/5
Thea R
Gesin met tieners

Baie lekker.

Heerlik gebly. Alles wat jy nodig het. Net nie vir ons vooraf gesê dat daar nie kragproppe of 'n mikrogolfoond is nie. Asemrowende natuurskoon, rustig. Baie netjies, mooi en skoon.

Adele R - Apr 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Adele R
Gesin met klein kinders

Wonderlike omgewing, wonderlike ontvangs en lekker 'off-the-grid' wegbreekplek.

My man wou graag 'n rustige naweek op 'n plaas in die Klein-Karoo spandeer. En ons verblyf op Rietfontein was presies dit en nog meer! Die feit dat jy deur 'n 'Eco-estate' moet ry om by die plaas uit te kom en die wildsbokke, swart wildebeeste en selfs kameelperde wat ons kon sien op pad was 'n onverwagse bonus. Die huisie was baie gerieflik, met genoeg gastoestelle en 'n heerlike vuurherd in die oopplan-kombuis/leefarea dat die gebrek aan elektrisiteit op bewolkte dae ons glad nie gepla het nie. Ons gasheer was baie vriendelik en behulpsaam met raad en feite oor die omgewing en sy mense. En natuurlik was die heerlike knus spierwit beddegoed en gemaklike beddens die kersie op die koek. My man vertel almal van die wonderlike naweek by Riefontein, ons sal beslis binnekort weer kom met familie of vriende.

Rietfontein Guest Farm's terugvoer

Hi Adele,
Baie dankie dat julle by Rietfontein bespreek het. Dit was 'n plesier om julle hier te ontvang en ons sien uit daarna om julle weer hier te verwelkom.
Groete

Rietfontein Guest Farm
Louise V - Feb 2017
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Louise V
Gesin met klein kinders

Baie rustig en stil.

Gemaklik, huisie is baie goed toegerus. Swembad is fantasties. Ons het die stilte ongelooflik baie geniet.

Vanaf
R1 990
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R1 990
per nag (plek vir 4)
Vanaf
R1 990
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 20 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rietfontein Plaas, Langs die R62, Ladismith, 6655, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAS3nvBbHTMfFW4xHrZg8FPHqa6uxFH8jV6TOGHIleaRregw8tNL?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 990  per nag(plek vir 4) 5 5 1 5 Farm Rietfontein Off the R62 6655 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-17:00 10:00 -33.585841666667 21.004444444444
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!