Rietpoort Game & Guest Farm
- Kapasiteit: 30 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Rietpoort Plaas, Trompsburg, 9913, Vrystaat
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R800 per nag (vir 2 persone)
Beskrywing
Rietpoort is 'n Merino-skaapplaas net 11 km van die dorpie Trompsburg af (120 km suid van Bloemfontein) op die N1 na Kaapstad. Dit is ook 'n wildplaas met springbokke, blesbokke, swartwildebeeste en gemsbokke wat ons gaste kan besigtig.
Beleef Suid-Afrikaanse gasvryheid op sy beste in een van ons 4 luukse kothuise. Ons 2-slaapkamerkothuis is ideaal vir paartjies wat wil wegbreek of net 'n bietjie wil ontspan en gehaltetyd geniet. Die ander kothuise bied gerieflike verblyf vir onderskeidelik 6 of 4 gaste. Elke kothuis is stylvol versier en het 'n grasdak met wit mure. Binne die eenhede is ligte skakerings gebruik en die meubels is meestal hout (daar is dubbelbeddens of 2 enkelbeddens in die kothuise met slaapplek vir onderskeidelik 4 en 6 gaste). Verder is elke kothuis toegerus met 'n kombuisie, veilige parkeerplek en braaigeriewe om jou wegbreek aangenaam en gerieflik te maak.
Daar is 'n TV in die gemeenskaplike area.
Span uit langs die swembad of speel tennis by Rietpoort Game & Guest Farm. Heerlike Karoolam word saans op versoek in die lapa bedien vir gaste wat nie lus is om self te kook nie.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Rolstoelvriendelik
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildkyk
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
Opsomming van Resensie
Ligging
- Rietpoort Plaas, Trompsburg, 9913, Vrystaat
- Gaste dink Rietpoort Game & Guest Farm het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 30 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Rietpoort Plaas, Trompsburg, 9913, Vrystaat
- Alle ouderdomme is welkom