Riverside Holiday House 35643

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Riverside Holiday House 35643 is ’n selfsorghuis in Riverside in Klein-Brakrivier. Die rivieroewer is net 100 m van die huis af en is ideaal vir visvang, kanovaart of net ontspan langs die water en bietjie voëlkyk.

Verblyf is beskikbaar in die hoofhuis en ’n rondawel. Die hoofhuis het 2 slaapkamers wat ’n badkamer deel met ’n gasgeiser, bad en aparte toilet. Die hoofslaapkamer het ’n dubbelbed en spieëlkas met ’n klerekas. Die tweede slaapkamer het 3 enkelbeddens, ’n spieëlkas en klerekas. Die rondawel het ’n dubbelbed, stapelbed en ’n slaapbank.

Die sitkamer het ’n gemaklike hoekbank en ’n TV met die volle DStv-pakket. Die kombuis is met ’n gasstoof, mikrogolfoond, yskas-vrieskas en ’n wasmasjien toegerus. Daar is ook ’n eethoekie met 4 stoele.

Onderdakparkeerplek vir 2 voertuie en ’n buitebraai is beskikbaar.

Alle linne word voorsien, maar gaste moet asb. hulle eie handdoeke saambring. Troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie. Rook is verbode in die huis en rondawel.

Slaapplek

'n Bespreking by Riverside Holiday House 35643 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 5 persone
1 x Dubbelbed
1 x Enkelslaapbank
1 x Stapelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Swem

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Riverside Holiday House 35643 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 200 per nag (plek vir 9)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false