Rocklands Seaside Bed and Breakfast

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Rocklands Seaside Bed and Breakfast bied akkommodasie in pragtige en suite-kamers met onbelemmerde see-uitsigte. Ons is in Simonstad geleë en die see is reg oorkant die pad met die strand binne stapafstand. Hierdie historiese vloot-dorpie het 'n hele rits besienswaardighede en doendinge, insluitend plaaslike museums, geskiedkundige gedenktekens, diepseehengel, haaihokduik, see-kajak, duik of seiljagvaart. Dis perfek vir 'n gesinsvakansie of vir 'n avontuurbelaaide wegbreek.

Die gastehuis het 5 en suite-kamers met 2 enkelbeddens elk en onbelemmerde see-uitsigte. Koninggrootte-beddens kan op versoek voorsien word. Die meeste kamers bied toegang tot 'n buitenste area deur skuifdeure. Die gesinskamer bied slaapplek vir 4 mense en het 'n privaat patio. Al die kamers het die volgende: koffie- en teemaakgeriewe, 'n yskas, haardroër, TV en verwarmer. Daar is 3 kamers met storte en 2 kamers met 'n bad en 'n aparte stort. Vir spesiale geleenthede kan blomme en sjampanje vooraf bestel word.

Geniet 'n warm ontbyt op ons patio en geniet die asemrowende see-uitsigte vanaf die dek by Rocklands Bed and Breakfast.

Geriewe by die instansie sluit in: pragtige tuine met talle voëlsoorte, 'n kantoor met internet en faksgeriewe. Wasgoeddiens en strykdiens op versoek. Dekstoele vir sonbaai en privaat ingange.

Kom ervaar die natuur op sy beste met die asemrowende Valsbaai voor jou uitgestrek en die Hottentots-Holland-berge in die agtergrond.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Tee

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Rocklands Seaside Bed And Breakfast gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 250 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false