Rockwell 312 by CTHA
Beskrywing
Rockwell 312 by CTHA is 'n luukse eenslaapkamer-selfsorgvakansiewoonstel in die bekende Rockwell Hotel (net suites). Dit het 'n groot balkon en uitsigte op die pragtige Tafelberg en boonop is dit net 'n klipgooi van die V&A Waterfront af. Die weelderige woonstel met lugversorging is oorkant Cape Quarter wat die sentrale punt is van die De Waterkant-dorpie wat op sy beurt bekend is vir sy uitstekende restaurante en naglewe.
Die woonstel is volledig ingerig vir 4 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die en suite-badkamer het 'n bad. Daar is 2 enkelmatrasse vir 2 ekstra gaste. Die gaste kan gebruik maak van die aparte badkamer. Die moderne oopplan-kombuis met eetarea is volledig toegerus vir selfsorg en het ook 'n wasmasjien, tuimeldroër en skottelgoedwasser. Geriewe in die kamer sluit in: lugversorging, ondervloerse verhitting, 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale en WiFi.
Daar is 'n privaat balkon en patio-stel buite waar gaste kan sit en die uitsigte oor De Waterkant en Tafelberg kan geniet. Daar is uitstekende sekuriteit, 24 uur-portierdiens en veilige kelderparkeerplek. Geriewe in die kompleks sluit in: 'n swembad, gimnasium en winkelsentrum onder.
Slaapplek
'n Bespreking by Rockwell 312 by CTHA sluit in:
1 x Koningingrootte-bed
2 x Kindermatras vir 1
Kenmerke
- Afrikaans
- Swembad
- Veilige Parkering
- Gratis WiFi
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- American Express
- Diners-kaart
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Kroeg
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Swembad
- Kombuisgeriewe
- Restaurant op Perseel
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gimnasium
- Gratis WiFi
- WiFi
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Zoeloe
- Xhosa
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Onderdakparkering
Kaart Meer oor die omgewing
Gaste wat na Rockwell 312 By CTHA gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:
Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za |
![]() ![]() |