Rondevoux A

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Rondevoux A is 'n selfsorgwoonstel in Margate in die hartjie van die Hibuskuskus. Margate is bekend vir sy pragtige strande, natuurlike woude en subtropiese klimaat en dit is 'n gewilde somervakansiebestemming. Afgesien van die strande, het Margate ook van die beste snorkel- en duikgeleenthede in Suid-Afrika.

Die woonstel bied slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die tweede badkamer het 'n bad, toilet en wasbak. Plafonwaaiers is in al die slaapkamers beskikbaar.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met 'n skottelgoedwasser, wasmasjien, stoof, oond, yskas-vrieskas, ysmasjien, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n ontbyttoonbank met stoeltjies. Die eetarea het sitplek vir 6 gaste en die sitkamer het lugversorging, 'n gemaklike sitkamerstel en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale.

Die leefarea bied toegang tot 'n onderdakstoep met buitemeubels, 'n tafel met stoele en gasbraaigeriewe. Die stoep bied ook see-uitsigte. Die kompleks het kelderparkeerplek vir 1 voertuig.

Kenmerke

  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Swem

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Rondevoux A gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R731 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za