Ronels Private 2-Bedroom Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Ronels Cottage bied selfsorgverblyf en is op die eienaar se perseel in Roodepoort geleë. Die perseel is ideaal geleë naby Clearwater Mall en sowat 4,7 km vanaf die Unisa Florida-kampus.

Die kothuis is aaneengeskakel met die hoofhuis en het ’n privaat ingang, 2 slaapkamers en 1 badkamer. Die eerste kamer het ’n koningingrootte-bed en die badkamer het ’n stort en bad. Die tweede slaapkamer is in die leefarea en beskik ook oor ’n koningingrootte-bed.

Die kombuisie is langsaan die leefarea en is toegerus met ’n yskassie, ketel, mikrogolfoond, elektriese braaipan, broodrooster, eetgerei, breekware en ’n wasbak. Daar is ook ’n TV met ’n OVHD-dekodeerder wat 20 kanale het, ’n vollengte spieël en verwarmers.

Gaste is welkom om die gas- of Weber-braaigeriewe en plonspoel op die perseel te gebuik. Daar is onderdakparkeerplek vir 1 motor agter ’n outomatiese hek. Die gashere kan ook gratis vervoer tot by die kampus bied indien nodig.

Ronels Cottage is naby ’n winkelsentrum met restaurante, Clearwater Mall en ander geriewe in die area.

Slaapplek

'n Bespreking by Ronels Private 2-Bedroom Cottage sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Groot 5
  •  Fietsry
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Mikrogolfoond
  •  Stoof

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Verekombers
  •  Waaier
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Maaltye Aangebied

  •  Aandete Op Versoek
  •  Tee
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Ronels Private 2-Bedroom Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R550 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za