Stellenbosch Sentraal Akkommodasie by Roosenwijn Guest House | LekkeSlaap
+36
+36

Roosenwijn Guest House

Gastehuis
  • Vanaf R995 per nag (vir 1 persoon)
  • Kapasiteit: 33 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Van Riebeeckstraat 14, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Roosenwijn Gastehuis is in die hartjie van die sonderlinge, historiese dorp Stellenbosch. Dié pragtige Victoriaanse tuiste is as Nasionale Monument verklaar. Dit dateer uit 1904 en is sorgsaam opgeknap om 'n ouwêreldse gevoel weer te gee. Roosenwijn se sentrale ligging, pragtige dekor en waarde vir geld maak dit die ideale keuse vir plaaslike én oorsese toeriste.

Ons het 15 stylvol versierde, luukse, en suite-kamers wat elk ingerig is met pragtige antiekware. Van die kamers het ook 'n tikkie Afrika-dekor. Elke kamer beskik oor lugversorging, satelliet-TV, 'n yskassie, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n kluis, telefoon en internettoegang. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Gaste word met aankoms in "outydse Suid-Afrikaanse styl" verwelkom met 'n komplimentêre glasie sjerrie. Ons streef daarna om ons gaste se verblyf 'n onvergeetlike en aangename ervaring te maak. Sit soggens by 'n heerlike ontbyt aan en ontspan by die verfrissende swembad in die somer of by die gesellige vuurtjie in die winter.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Nederlands
  • Vlaams
  • Frans

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Tee

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Diners-kaart
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 21 resensies vir Roosenwijn Guest House
Netheid
4.9/5
Diens
4.8/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.4/5

Ligging

  • Van Riebeeckstraat 14, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
  • Gaste dink Roosenwijn Guest House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R995
per nag (vir 1 persoon)
Vanaf R995
per nag (vir 1 persoon)
Vanaf R995
per nag (vir 1 persoon)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 33 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Van Riebeeckstraat 14, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDdkMGVlNjk4LWM4NDAtNGQ5MC05M2M0LWI2MDlkOGQyYjg2NA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R995  per nag (vir 1 persoon) 21 5 1 5 14 Van Riebeeck Street Stellenbosch 7600 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-20:00 11:00 -33.936508484313 18.866242468357
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za