Rose and Ale

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Rose and Ale is net 'n entjie van die see af en bied puik selfsorgverblyf aan diegene wat 'n behoefte het aan gerieflike, goed toegeruste vakansieplekkie. Die feit dat dit ook net 15 minute se ry van die dorp af is, maak dit ook ideaal vir sakereisigers.

Ons 12 individueel versierde eenhede is toegerus met al die nodige geriewe om jou verblyf so gerieflik as moontlik te maak. Perkallinne, snoesige handdoeke en Persiese matte dra alles by tot die styl en gerief. Die eenhede sluit ook kombuise wat ten volle toegerus is, koffie- en teemaakgeriewe en sekere DStv-kanale in.

Ander geriewe by Rose and Ale sluit 'n swembad, klimraam, braaiplek en veilige parkeerplek in. Dit is ook troeteldiervriendelik.

Gonubie self het 'n kalm, ongerepte strand met gewilde visvang- en branderplankry-plekke. Ons Gonubie Sands Eenhede is net 200 m verder met die pad af en ook net 2 minute se stap van die see af. Daar is geen direkte toegang tot die swembad en die speelgrond nie.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Xhosa

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Rose And Ale gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R570 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za