Rouge on Rose Boutique Hotel

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Rouge on Rose in die Bo-Kaap is vir vakansie- of sakereisigers wat reg in die middel van Kaapstad wil wees. Dié boetiekhotel is in die hartjie van Kaapstad en bied lieflike dekor, heerlike ontbyte, en uitstekende dienste.

Verblyf word aangebied in 9 noukeurig-versierde suites, waarvan 6 kombuisies het vier selfsorgverblyf. Elke suite het 'n koninggrootte-bed (ekstra lengte) wat in 2 enkelbeddens omskep kan word, en 'n en suite-badkamer. Ander geriewe sluit 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale en 'n DVD-speler, gratis hoëspoed-WiFi, 'n elektroniese kluis, haardroër en internasionale kragproppe, en 'n lessenaar in.

Die historiese Bo-Kaap is bekend vir sy kleurvolle huise, gedreunsing wat opklink uit die Moskees en sy warm, multikulturele gemeenskap. Dis 'n plek waar klipstrate en erfenisgeboue soomloos vervleg met modieuse kroeë, eetplekkies en ateljeewoonstelle.

Besienswaardighede in die omgewing sluit restaurante, markies, museums, teaters en die waterfront in. Kampsbaai, Kaapstad se mooiste strande, Tafelberg, Kirstenbosch Botaniese Tuine, Kaappunt en die wynlande waar jy heerlike kookkuns en wyn van ongeëwenaarde gehalte kan geniet, is alles is net 'n entjie se ry hiervandaan.

Kenmerke

  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Portier
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Nagportier
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels
  •  Vlaams
  •  Frans
  •  Duits

Konferensie geriewe

  •  Lugversorging
  •  Kantoorgeriewe

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af
  •  Parkering Op Die Straat

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Rouge On Rose Boutique Hotel gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 900 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za