Royston Hall Historical Guest House
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 14 mense
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 12:00 - Adres: Royston Hall, Erf 949 Roystonlaan, Umtentweni, 4235, KwaZulu-Natal
- Vanaf R1 600 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Royston Hall Historical Guest House is 'n statige ou Victoriaanse Herehuis in Umtentweni en is gelys as 'n huis met historiese belang deur die Geskiedkundige Raad. Die huis is weggesteek in sy eie klein natuurreservaat en dit bied 'n uitsig oor die Umzimkulu-riviermonding met die Indiese Oseaan in die verte.
Verblyf word in 7 suites aangebied wat elk slaapplek vir 2 gaste het. Elke suite het 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Suite nr. 5 het 'n bad en stort. Een enkelkamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Daar is ook 'n TV, WiFi, yskassie, mikrogolfoond en tee- en koffiemaakgeriewe. Sommige suites het ook 'n kaggel, stoep of balkon.
Gaste kan in die formele sitkamer of in die tweede sitkamer met 'n Afrika-tema ontspan.
Die groot swembad het 'n dek met 'n uitsig oor die duine. Die Victoriaanse stoep strek reg rondom die gebou en hier word ontbyt bedien indien dit mooi weer is. Anders word dit in die formele eetarea bedien.
Die gastehuis tel 208 soorte voëls en met 'n bietjie verbeelding voel dit of jy jou in 'n reuse voëlhok sonder heinings bevind. Voëlkykgroepe is welkom; doen gerus navraag oor spesiale tariewe.
Die gastehuis is 118 km suid op die N2 van Durban af geleë en 2,3 km van die Umtentweni-swemstrand af (padlangs). Dit is ook naby alle geriewe en 9 wêreldklas-gholfbane.
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Swembad
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Rolstoelvriendelik
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Zoeloe
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete Op Versoek
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Tee
- Etes Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Wegbreekkamers
- Blaaibord
- Kantoorgeriewe
- Internet
- Televisie
- Plek vir tot 10 afgevaardigdes
- Plek vir tot 30 afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.5/5
Ria Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 17
Op LekkeSlaap 11 jaar
Ligging
- Royston Hall, Erf 949 Roystonlaan, Umtentweni, 4235, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Royston Hall Historical Guest House het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Umtentweni Port Shepstone Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 14 mense
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 12:00 - Adres: Royston Hall, Erf 949 Roystonlaan, Umtentweni, 4235, KwaZulu-Natal