Ruimsig Akkommodasie by Ruimsig Golf View manor | LekkeSlaap
+21

Ruimsig Golf View manor

11 resensies
Gastehuis
  • Vanaf R1 300 per nag (vir 2 persone)
  • Kapasiteit: 18 persone
  • Inkloktyd: 13:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Hole-In-One-laan 500, Ruimsig, 1732, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Ruimsig Golf View Manor is 'n luukse, grasdak-gastehuis, in die gesogte voorstad Ruimsig in die Wesrand geleë en bied 9 ruim, luukse gastekamers, elk met 'n en suite-badkamer. Ruimsig Manor se styl is 'n samesmelting van inheems-Afrika en klassieke ontwerp.

Verblyf word aangebied in 3 "premier"-kamers, 2 luukse kamers en 4 standaardkamers. Elke kamer het 'n TV met sekere DStv-kanale, WiFi en tee- en koffiemaakgeriewe.

Ontbyt bied 'n goeie verskeidenheid keuses om na elke smaak om te sien. Addisionele maaltye is op versoek beskikbaar. Ruimsig Manor spesialiseer in tuisgemaakte Portugese kos en disse word met gaste bespreek om totale bevrediging te verseker. 'n Braai kan vir jou gereël word met opsie om jou eie gaste te nooi. Gaste mag hul eie besoekers nooi vir etes in ons formele eetkamer, indien daar plek is en die gastehuis nie vol bespreek is nie.

Normale wasgeriewe is beskikbaar.
Verpleging, omsien na babas, persoonlike sekuriteit, vlugte, huurmotors asook tolke kan vir jou gereël word.

Die konferensiegeriewe is toegerus met 'n groot skerm (2400 x 1800 mm), dataprojektor, 55" platskerm-TV met koppelpunt vir skootrekenaars, blaaiborde en ADSL-toegang. Daar is plek vir 30 persone. Ruimsig Manor spesialiseer in privaat dinees vir korporatiewe besigheidspersone, troues en spog met 'n pragtige wittebroodsuite.

Ruimsig Manor is oorkant Roodepoort Country Klub geleë en naby alle winkelsentrums, casino's, verskeie wildsplase, die leeupark, 'Cradle of Humankind' en snelweë na Johannesburg en Pretoria.

Kenmerke

Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Hier praat ons

  • Engels
  • Portugees

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Middagete

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Dataprojektor
  • DVD-speler
  • Blaaibord
  • Skootrekenaar-projektor
  • Kantoorgeriewe
  • Internet
  • Televisie
  • Plek vir tot 50 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.4 uit 5van 11 resensies vir Ruimsig Golf View manor
Netheid
4.4/5
Diens
4.6/5
Ligging
4.3/5
Veiligheid
4.5/5
Waarde vir geld
4.3/5

Ligging

  • Hole-In-One-laan 500, Ruimsig, 1732, Gauteng
  • Gaste dink Ruimsig Golf View manor het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 300
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R1 300
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R1 300
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 18 persone
  • Inkloktyd: 13:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Hole-In-One-laan 500, Ruimsig, 1732, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDdhMDQ3MTIyLWY4NTItNDk0ZS1iOThkLTk5MjU1MDY2YmJjZg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 300  per nag (vir 2 persone) 11 5 1 5 500 Hole in One Avenue Ruimsig 1732 Gauteng 086 999 0018 13:00-21:00 11:00 -26.081305095585 27.862100601196
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za