Rus 'n Bietjie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.3/5
Andre Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 19
Op LekkeSlaap 2 jaar
Opsomming van Resensie
Jo-ann K - Apr 2024
Algehele gradering
Aangenaam vir 'n nag se oorslaap.
Isac M - Mrt 2024
Algehele gradering
Loxton, die mooi dorp in die Karoo.
Rus 'n Bietjie se terugvoer
Beste Isac
Dankie vir die terugvoer. Ons dorpenaars en plaasboere is baie trots op ons ou dorpie en probeer nog die rustigheid en plaasgevoel behou. Ons is baie bly julle kon dit beleef en dat julle lekker gekuier het. Kom besoek ons asb. gerus weer.
Groete
Andre
Tok B - Mrt 2024
Algehele gradering
Baie lekker en insiggewind.
Jacques S - Feb 2024
Algehele gradering
Bring jou nader aan natuur en menswees.
Rus 'n Bietjie se terugvoer
Hallo Jacques
Ek vra verskoning vir julle ongerief met die warm water, maar het die oggend na julle vertrek agtergekom dat die water verwarmer het die gees gegee. Ons het dit nog dieselfde dag vervang. Ek wil graag aan julle 'n afslag gee vir julle volgende verblyf by ons - sal dit waardeer om die ongerief reg te kan stel.
Groete
Andre
Carina V - Jan 2024
Algehele gradering
Aangenaam, skoon plekkie met sy eie dam vir afkoel in die hitte van die dag.
Lees meerRus 'n Bietjie se terugvoer
Beste Carina
Baie dankie vir die goeie terugvoer oor ons dorpie en jul verblyf. Dit was aangenaam om julle te ontvang en ons hoop om julle gou weer te sien.
Groete
Andre
Anonieme gas - Jan 2024
Algehele gradering
Wilkie L - Des 2023
Algehele gradering
Die dorp is ongelooflik mooi, beste stil oggend met die Karoo-reëngeur.
Rus 'n Bietjie se terugvoer
Beste Wilkie
Dankie vir die mooi terugvoer en ek is bly julle kon die Karoo reen geure ervaar - so min kry die geleentheid om dit te ruik en julle was besonders gelukkig. Kom kuier gerus weer vir ons. Voorspoedige 2024!
Groete
Andre
Johan O - Okt 2023
Algehele gradering
Perfekte ligging. Netjies, skoon en stil. Salig!
Rus 'n Bietjie se terugvoer
Beste Johan
Baie dankie vir die terugvoering. Ek is bly jul het die verblyf geniet en hoop om julle gou weer te sien.
Groete
Andre
Jan F - Sep 2023
Algehele gradering
Perfekte plekkie vir oornag op Loxton. Goed toegerus en baie gemaklik.
Rus 'n Bietjie se terugvoer
Beste Jan
Baie dankie vir die terugvoer - dit word hoogs waardeer en ek is bly julle het dit geniet. Dit was aangenaam om julle as gaste te verwelkom in die Karoo.
Ek vertrou en hoop om julle weer in die toekoms te sien.
Lekker dag verder.
Groete
Andre
Johan H - Sep 2023
Algehele gradering
Teleurgesteld.
Andrew T - Mei 2023
Algehele gradering
Pleasant.
Anonieme gas - Apr 2023
Algehele gradering
Andre S - Apr 2023
Algehele gradering
Baie aangename ervaring.
Cora W - Feb 2023
Algehele gradering
Lekker gebly.
Alma D - Jan 2023
Algehele gradering
Beter gasvrou kan jy nie voor vra nie.
Douw-marie K - Jan 2023
Algehele gradering
Pragtig!
Rus 'n Bietjie se terugvoer
Middag Douw-marie, dit was baie lekker om julle as gaste te hê. Hoop om julle sommer gou weer te sien. Lekker dag verder en voorspoed vir 2023.
Karien S - Jan 2023
Algehele gradering
Lekker rustig.
Rus 'n Bietjie se terugvoer
Hi Karien, baie dankie vir die mooi resensie. Dit was 'n plesier om julle as gaste te hê. Geniet jou dag en voorspoed vir 2023. Groete, Sandy.
Theunis S - Des 2022
Algehele gradering
Lekker gekuier in Loxton.
Rus 'n Bietjie se terugvoer
Goeiedag Theunis, baie dankie vir jou resensie, graag wil ek net die volgende daarop antwoord, ons vra weereens om verskoning oor die swembad wat nie gevul was toe jul daar was nie, ongelukkig as daar 'n swembad kraak en die water loop uit moet dit eers herstel word om verdere water verliese te voorkom.
Ek bevestig ook dat jul wel 2 maande voor jul aankoms bespreek het, maar jul het eenheid 2 bespreek vir 4 mense wat nie 'n selfsorg eenheid is nie, dit is slegs 'n gastekamer. Ons het 'n selfsorg eenheid wat kamer 3 is maar daardie kamer slaap ongelukkig net 2 persone.
Wat die stort betref het ons vir jul die ander kamer gegee om te help en daar is die volgende dag deur al die pype gegaan en geen probleem is gevind nie, en die kamer het warm water gehad en die opvolgende gaste het ook nie weer klagtes gegee rakende die water in die stort nie, so van my kant af kan ek die steeds nie verduidelik nie.
Nogmaals jammer oor jul slegte ondervinding met die swembad en misverstand met die selfsorg eenheid, ons hoop om weer die geleentheid te he om jul te akkommodeer en dan te verbeter op die misverstande.
Baie dankie dat jul Rus 'n Bietjie gekies het, en lekker dag verder.
Groete, Sandy.
Vanessa B - Des 2022
Algehele gradering
Lekker, lekker, lekker.
Rus 'n Bietjie se terugvoer
Middag Vanessa, dit was baie lekker om julle as gaste te hê. Hoop om julle sommer gou weer te sien. Lekker dag verder en voospoed vir 2023.
- Kapasiteit: 9 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Beaufortstraat 73, Loxton, 6985, Noord-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom