LekkeSlaap
Maak jou ervaring
lekke met ons app
KRY APP
+37
Selfsorg in Agulhas

Rus 'n Bietjie

8 gaste

3 slaapkamers

7 beddens

2 badkamers

  • Slaapplek vir 8 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • 37 Main Road, Agulhas, 7285, Wes-Kaap Sien kaart

Beskrywing

Rus 'n Bietjie is 'n eenvoudige vissershuisie wat in 1938 gebou is en is een van die oudste huise op L'Agulhas. Dit is baie naby die see (30 m soos die kraai vlieg) en bied 'n pragtige uitsig. Dit is naby die historiese Soldatepoel aan die see se kant van die hoofpad, met net 'n muurtjie tussen die huis en die see. Die see is slegs 100 tree ver.

Rus 'n Bietjie is 'n selfsorghuisie met geverfde sementvloere en 'n paar krakies hier en daar weens ouderdom. Tog het dit heelwat karakter. Die lae deurrame kom byvoorbeeld van ou skuite af. Daar is 3 slaapkamers. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n see-uitsig, die tweede een het 3 enkelbeddens en 'n see-uitsig, en die derde een het 3 enkelbeddens en 'n berg-uitsig. Dit het slaapplek vir 8 gaste, maar is meer ideaal vir 6 gaste. Die badkamer het 'n toilet, wasbak, bad en ’n stort. Let daarop dat die toilet effens laer as 'n normale toilet is. Daar is 'n buitetoilet wat 'n normale hoogte is en ideaal vir wanneer daar gebraai word.

Die kombuis het 'n mooi see-uitsig en 'n vierplaatstoof en oond, 'n mikrogolf, broodrooster, yskas-vrieskas, broodrooster, ketel en al die kombuistoebehore wat gaste sal nodig kry vir selfsorg. Tee, koffie, 'n bak beskuit, skottelgoedseep, sout en peper word voorsien. Die oopplan-sitarea en -eetarea het 'n klein biblioteek en 'n TV. Daar is 'n OVHD-dekodeerder beskikbaar, maar gaste moet hul eie DStv-dekodeerder saambring. Daar is ook WiFi.

Rus 'n Bietjie se gewildste area is waarskynlik die groot onderdakstoep en braai-area met sy lieflike see-uitsig. Hiervandaan kan jy sien hoe die skepe heen-en-weer vaar, en nou-en-dan walvisse en dolfyne gewaar. Vanaf die stoep se hangmat kan jy boonop hierdie uitsigte geniet terwyl jy gemaklik agteroor lê.

Troeteldiere is welkom indien dit vooraf gereël word.

Rus 'n Bietjie val nie in almal se smaak nie. Dié wat egter iets ongewoons waardeer, na aan die natuur wil wees en 'n wonderlike see-uitsig verlang is gewoonlik dol oor Rus 'n Bietjie en beskou dit hulle gunsteling vakansiebestemming.


Kamer-opset

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

3

3 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

3

3 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Bad, Stort, Toilet

Badkamer

Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek
TV
Volledige kombuis
Wasmasjien
Braai

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 124 resensies

Baie goed

Netheid
4.0
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.2
Diens
4.4
Veiligheid
4.5
Gaste se hoogtepunte
Pieter J
Saam met vriende
5.0
Goed, baie rustig. Ja, was baie lekker. Goed uit een gesit, net die toilet is te laag. Sal weer 'n boeking maak.
Aug 2026
Laurie R
Gesin met klein kinders
5.0
Quaint cottage with authentic old-school feel. A cute and rustic cottage with wonderful views and amazing decor. We loved the stay in t...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jul 2026
Maré F
Gesin met klein kinders
5.0
Beach cottage with a lovely charm. We had a great stay. The view of the ocean is amazing. The house is rustic but as clean as it could ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mei 2026
Timothy S
Saam met lewensmaat
5.0
The stay was very peaceful and relaxing. Wonderful, relaxing and restful.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mrt 2026
Dalene B
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlik, rustig, mooi uitsig. Die plekkie is regtig 'n visserhuisie. Alhoewel die diens en alles vir my 5 ster was, sal die plekkie nie in almal se sm...
Sien meer
Feb 2026

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.3/5

Anna-Marie Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 206

Op LekkeSlaap 13 jaar

Antwoord gewoonlik binne 3 ure

Ligging

  • 37 Main Road, Agulhas, 7285, Wes-Kaap
  • Gaste dink Rus 'n Bietjie het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R2 150
per nag, vir 8 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R2 150
per nag, vir 8 mense
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R2 150
per nag, vir 8 mense
Bespreek

37 Main Road, Agulhas, 7285, Wes-Kaap

Sien kaart
  • Slaapplek vir 8 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGRlOGUyZTRjLTA5ZTgtNGQ1MC04OThkLWZmYWI3Nzg2ZTIyZA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 150 per nag, vir 8 mense 124 5 1 5 37 Main Road Agulhas 7285 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-23:00 10:00 -34.82112285534 20.026499032974

Welkom by LekkeSlaap

Gasteprofiel bestaan ​​reeds

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang