Sabuti HL20

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Sabuti HL20 is in die Simbithi Eko-landgoed in Ballito geleë. Dié woonstel is ideaal vir gaste wat op soek is na gerieflike selfsorgverblyf naby 'n groot verskeidenheid besienswaardighede.

Die woonstel is smaakvol ingerig en dit het ook lugversorging. Daar is 4 slaapkamers en 2½ badkamers. Die slaapkamers het elkeen 'n koningingrootte-bed, 'n dubbelbed of 2 enkelbeddens. Die badkamers het elk 'n bad en 'n stort, 'n wasbak en 'n toilet. Die kombuis is ten volle toegerus met 'n mikrogolfoond, 'n yskas-vrieskas, 'n oond, 'n wasmasjien, en 'n skottelgoedwasser.

Die eetkamertafel het sitplek vir 6 mense en daar is gemaklike rusbanke in die sitkamer. Verder is daar 'n TV en die skuifdeure lei na 'n beskutte balkon met 'n Jacuzzi, stoepmeubels en braaigeriewe.

Daar is onderdakparkeerplek vir 2 voertuie en 'n ekstra parkeerplek wat nie onderdak is nie. Die kompleks het ook 'n gemeenskaplike swembad.

Sabuti HL20 is net 'n kort entjie se ry van die strand, winkels, restaurante en ander geriewe in die area af.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort

Geriewe

  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Sabuti HL20 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 871 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za