Safari Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Safari Guest House is in 'n veilige, stil en maklik bereikbare woonbuurt in die groot landboudorp, Vryburg. Dit is op die hoofroete na Namibië en Botswana geleë en is dus die perfekte en gerieflike oornagopsie vir paartjies, gesinne, jagters en sakereisigers.

Safari Guest House bied ruim, luukse kamers met lugversorging. Elke kamer het 'n privaat en suite-badkamer en 'n stoep met selfsorggeriewe soos 'n wasbak, eetgerei, breekware en 'n draagbare braai. Verder het die kamer 'n TV met sport- en fliekkanale, koffie- en teemaakgeriewe en 'n yskassie met versnaperings. Daar is ook gratis WiFi in al die kamers. Slegs kamer 11, 12 en The Dome mag die swembad en lapa gebruik.

'n Heerlike ontbyt (of aandete op versoek indien vooraf gereël) word in die groot eetkamer bedien. Pragtige Namibiese natuurtonele is teen die muur geverf. Veilige skaduparkeerplek word op die perseel voorsien. Gaste kan gerus na die nabygeleë Leon Taljaard Natuurreservaat en Konsentrasiekamp-gedenkteken stap

Safari Guest House is die ideale oorslaapplek vir reisigers onderweg na Suid-Afrika se verste uithoeke.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Forex
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensie geriewe

  •  Televisie
  •  Plek vir tot 10 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Aandete Op Versoek
  •  Drankies ingesluit
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Safari Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R649 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za