Saints View 402

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Saints View 402 is 'n selfsorgwoonstel in die nuut ontwikkelde, veilige Saints View Timeshare Resort in die hartjie van die Hibiskuskus in KwaZulu-Natal. Saints View is stapafstand vanaf Uvongo se gewilde hoofstrand en skilderagtige strandmeer. Meeste eenhede het pragtige see-uitsigte.

Die woonstel het slaapplek vir 6 volwassenes en 2 kinders en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Elke slaapkamer het 'n dubbelbed of 2 enkelbeddens en daar is 'n dubbelslaapbank in die sitkamer.

Die kombuis is vir selfsorg toegerus. Die sitkamer bied lugversorging wat op 'n vooraf betaal-basis werk, en 'n TV met sekere DStv-kanale. Die sitkamer en hoofslaapkamer lei na 'n ruim balkon met ingeboude braaigeriewe.

Dié gesogte oord bied 'n 18 putjie putt-putt-baan, 'n klimraam en sprankelende swembad. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Daar is talle besienswaardighede in die area en gaste kan 'n maaltyd by Mac Banana, Deli & Bakery of Mac Fish geniet. Doendinge in die area sluit verfbal-skiet, spesialiteitswinkels, voëlkyk, 'n klimraam en speelarea vir kinders, 'n skoenlapperdom en ponie-ritte in.

Die Wild Coast Sun Casino is naby Port Edward en Lake Eland is die ideale plek om bietjie rond te loop. Kinders kan ook 'n opvoedkundige uitstappie na Pure Venom slangpark naby Shelly Beach geniet en gaste kan by Must-Byt bootritte, visvang, diepsee-besigtiging en diepsee-swem in Shelly Beach geniet. Ouers kan ook aandete en dans by Pistols Saloon net buite Ramsgate geniet.

Slaapplek

'n Bespreking by Saints View 402 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Area 1 - Huisves 2 kinders
1 x Kinderbank vir 2

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Eetkamer
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Maaltye Aangebied

  •  Aandete
  •  Middagete

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Saints View 402 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R900 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za