San Lameer Villa 2826
Bly 4 nagte en betaal slegs vir 3 op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie. Geldig vir verblyf vanaf 29 Apr 2024 tot 8 Aug 2024.
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Main-weg, San Lameer Estate, Southbroom, 4277, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R2 300R1 725 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
San Lameer Villa 2826 is 'n selfsorg-vakansiewoonstel in 'n veilige kompleks in die hartjie van Southbroom. Dit is die ideale opsie vir 'n kuswegbreek saam met familie en vriende. Hierdie landgoed spog ook met 'n 18 putjie-gholfbaan en vele ander vermaaklikheidsgeriewe.
Dié woonstel bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers met lugversorging en 2 en suite-badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Elkeen van die badkamers het 'n stort-oor-bad, wasbak en 'n toilet. Alle linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.
Die leefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware en koffie- en teemaakgeriewe toegerus is. 'n Wasmasjien is ook beskikbaar. Die kombuis lei na 'n etenstafel met sitplek vir 4 en 'n sitarea met gemaklike sitplek en 'n TV met Netflix en Disney Plus. Gratis WiFi is beskikbaar. Die eenheid het 'n 5KW-omsetter wat alles in die villa kan aandryf vir 2 ure gedurende beurtkrag.
Die leefarea lei na 'n onderdakbalkon met 'n buite-etenstafel en 'n ingeboude braai waar gaste die uitsig kan bewonder. Veilige parkeerplek is in die kompleks beskikbaar.
Die landgoed is naby 'n strand met 'n lieflike getypoel. Gaste het toegang tot die landgoed se geriewe wat 'n hotel met 'n spa, restaurant en 'n kroeg insluit. Die landgoed bied ook direkte toegang tot 2 blouvlagstrande.
Slaapplek
’n Bespreking by San Lameer Villa 2826 sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Kroeg
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Spa-behandelinge
- Swembad
- Braaiplek
- Speletjieskamer
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Masseer- en Skoonheidsterapie
- Restaurant op Perseel
- Persoonlike Kluis
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
- Tennis
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete
- Middagete
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Ligging
- Main-weg, San Lameer Estate, Southbroom, 4277, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Southbroom Suidkus KwaZulu-Natal
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Main-weg, San Lameer Estate, Southbroom, 4277, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom