San Lameer Villa 10307

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 14 % off

Bly 7 nagte en betaal slegs vir 6 vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Geldig vanaf 1 Aug 2019 tot 30 Nov 2019.

Ekstra Fooie
Buiten die tariewe in die tabel hierbo, hef die blyplek ook 'n eenmalige R450-administrasiefooi per bespreking.

Spesiale Aanbod!*

*Bly 7 nagte en betaal slegs vir 6 vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Geldig vanaf 1 Aug 2019 tot 30 Nov 2019.

Belasting en Ekstras
Tariewe geld vir selfsorgverblyf.
Alle besprekings is onderworpe aan die besprekingsvoorwaardes en voorwaardes van San Lameer Rentals.
'n Terugbetaalbare breekskadedeposito van R1000 word vereis.
Die balans moet 7 dae voor die inklokdatum betaal word. Indien gaste nie die bedrag betaal nie, sal die voorlopige bespreking gekanselleer word.
'n Laat-uitklokfooi van R400 word van die breekskadedeposito afgetrek. Uitkloktyd is 10:00.
Neem asseblief kennis van die volgende heffings:
R30 per voertuig per dag vir die eerste 3 dae.
R100 per voertuig vir 4 tot 7 opeenvolgende dae.
R200 per voertuig vir 8 of meer opeenvolgende dae.
Die toegangsfooi per voertuig sal van jou terugbetaalbare breekskadedeposito afgetrek word. Dui asseblief met bespreking aan hoeveel voertuie jy gaan saambring sodat ons voorsorg kan tref vir toegangskaartjies. Let asb. op dat gaste nie toegang tot die landgoed sal verkry mits die volledige bedrag betaal is nie.
Motorfietse en motorbote word nie op die landgoed toegelaat nie.
Let asb. dat gemotoriseerde bromponies nie op die landgoed toegelaat word nie.
Gaan asb. die villa se inventaris na wanneer jy arriveer en meld enige breekskade by die kantoor by die hoofhek aan.
Die breekskadedeposito, minus die breekskade en toegangsfooie, word binne 30 dae na jou vertrek terugbetaal. Verskaf asb. jou bankbesonderhede wanneer jy uitklok. Die terugbetaalbare deposito sal verbeur word indien ons nie u bankbesonderhede binne 3 maande na u vertrek ontvang nie.
Geen troeteldiere word op die perseel toegelaat nie.
Seep en toiletpapier word met aankoms voorsien.
Vars handdoeke word slegs elke tweede dag verskaf, en linne elke vyfde dag. Die tarief per nag sluit 'n daaglikse skoonmaakdiens in. Indien gaste die handdoeke elke dag gewas wil hê, sal 'n ekstra bedrag gehef word aangesien San Lameer 'n 'groen' landgoed is.
Gaste moet asb. hul eie strandhanddoeke en vadoeke saambring.
'n Toelaag is van toepassing op alle enkelaandbesprekings.
Ons behou die reg voor om enige verhuring te kanselleer indien u of enige lid van u party skade aan die eiendom, die meubels of inhoud van die eiendom veroorsaak of indien u 'n ernstige steurnis vir enige die bure skep.
Maak asseblief seker dat alle deure gesluit is en vensters gesluit word voordat u u villa verlaat.
Geen toerusting word verskaf vir sport en ontspanning op die landgoed nie. Bring asseblief u eie.
Die villa's is nie toegerus met telefone nie. Internetdienste is beskikbaar by die biblioteek op spesifieke tye.
Kansellasiebeleid: Pasgemaak
Meer as 1 maand voor die inkloktyd 100% van die deposito word terugbetaal
Meer as 3 weke voor die inkloktyd 75% van die deposito word terugbetaal
Meer as 2 weke voor die inkloktyd 50% van die deposito word terugbetaal
Minder as 2 weke voor die inkloktyd 0% van die deposito word terugbetaal

Gaste wat na San Lameer Villa 10307 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 800 R2 400 per nag (plek vir 6)

Bly 7 nagte en betaal slegs vir 6 vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Geldig vanaf 1 Aug 2019 tot 30 Nov 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za