San Lameer Villa 2414

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 30 % af

Kry 30% af vir verblyf wat 6 nagte of langer is. Geldig vanaf 9 Jul 2019 tot 19 Sep 2019.

Beskrywing

San Lameer Villa 2414 is 'n lieflike selfsorg-villa in die veilige en gewilde San Lameer Estate. Dié eenheid het slaapplek vir 6 mense en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Daar is geen groot paaie voor of agter die eenheid nie en is dus lekker privaat.

Die eenheid is ten volle toegerus met 'n wasmasjien, tuimeldroër en skottelgoedwasser. Gaste het ook toegang tot volledige DStv.

Die hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer en die ander 2 slaapkamers deel 'n badkamer met stort. Daar is 2 lugversorging-toestelle en die eenheid word daagliks skoongemaak behalwe op Sondae en openbare vakansiedae. Beddegoed word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie strandhanddoeke saambring.

San Lameer Villa 2414 se kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg en beskik oor 'n mikrogolfoond, stoof, oond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware. Die sitarea het gemaklike sitplek en 'n LED TV met volledige DStv. Die TV-kamer is langsaan die patio met sy ingeboude braai en yskas. Verder is daar ook onderdakparkeerplek. Rook is verbode in die eenheid.

Die villa is stapafstand vanaf verskeie vermaak en sportgeriewe. Dit is in 'n sekuriteitskompleks geleë met toegang tot die strand, swembaddens, tennisbane, muurbalbane, gholf, bergfietsroetes, speelgrond, en voëlkykers moet onthou om hul verkykers saam te bring.

Slaapplek

'n Bespreking by San Lameer Villa 2414 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Dienste

  •  Kamer daagliks skoongemaak

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Kroeg
  •  Spa-behandelinge
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Restaurant op Perseel
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gimnasium

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Kluis

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na San Lameer Villa 2414 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 900 R1 330 per nag (vir 6 mense)

Kry 30% af vir verblyf wat 6 nagte of langer is. Geldig vanaf 9 Jul 2019 tot 19 Sep 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false