San Lameer Villa 3506

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 14 % af

Bly 7 nagte en betaal slegs vir 6 vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Geldig vanaf 1 Aug 2019 tot 30 Nov 2019.

Beskrywing

San Lameer Villa 3506 is op die San Lameer-landgoed geleë. Dié subtropiese paradys is aan KwaZulu-Natal se Suidkus en spog met wild, fauna, flora en voëls - iets vir elkeen in die gesin. Dié natuurbewarea van 200 hektaar het 'n kampioenskap-gholfbaan met 18 putjies, 'n hotel, spa, restaurant, kroeg, luukse villas en direkte toegang tot 2 lieflike Blouvlagstrande.

Die villa het lugversorging en bied slaapplek aan 6 gaste. Die villa beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer het 'n stort. Die tweede en derde slaapkamer het elkeen 2 enkelbeddens en dit maak van 'n gedeelde badkamer gebruik.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër. Die eetarea het sitplek vir 8 gaste en die sitkamer het 'n gemaklike sitkamerstel en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale en 'n DVD-speler.

Die leefarea bied toegang tot 'n stoep met 'n etenstafel en braaigeriewe.

Slaapplek

'n Bespreking by San Lameer Villa 3506 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Kroeg
  •  Spa-behandelinge
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gimnasium

Hier praat ons

  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na San Lameer Villa 3506 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 550 R2 186 per nag (plek vir 6)

Bly 7 nagte en betaal slegs vir 6 vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Geldig vanaf 1 Aug 2019 tot 30 Nov 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false