Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

San Lameer Villa 3708

Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: San Lameer Landgoed R61, San Lameer Villa, Laer Suidkus, 4277, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R3 500 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

San Lameer Villa 3708 is 'n eksklusiewe selfsorgvilla wat in San Lameer landgoed geleë is. Hierdie subtropiese paradys met wild, fauna, flora en voëls, is aan die Suidkus van KwaZulu-Natal en het iets om die hele gesin te bied. Die natuurbewaringsgebied van 200 hektaar spog met 'n 18 putjie-kampioenskapgholfbaan; 'n hotel met 'n spa, restaurant en kroeg, luukse villas en direkte toegang tot 2 blouvlagstrande.

Dié smaakvol ontwerpte villa bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers en 3 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die ander slaapkamers het elk 2 enkelbeddens. Gaste in hierdie slaapkamers deel 'n badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Gehaltelinne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.

Die leefarea het 'n sitarea, eetarea en 'n kombuis. Die kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, wasmasjien, tuimeldroër, eetgerei, breekware, tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die kombuis het 'n toonbank met 6 stoele. Die eetarea het 'n etenstafel wat geskik is vir 8 gaste. Die sitarea het 'n gemaklike sitkamerstel, koffietafel, ingeboude gasbraai en 'n TV met DStv. Gratis WiFi is beskikbaar.

Die leefarea lei na 'n onderdakstoep wat spog met 'n losstaande braai en 'n asemrowende uitsig oor die lowerryke omgewing. Veilige parkeerplek is beskikbaar.

Gaste kan by die landgoed se gemeenskaplike swembaddens ontspan of die pragtige uitsigte geniet. San Lameer spog ook met 'n uitgestrekte lowerryke omgewing, tuine vir piekniek, 'n speelarea vir kinders. fietse te huur, 'n visdam en voëlkyk. Verder is daar ook gemeenskaplike braai-areas en voetslaanpaaie.

Slaapplek

’n Bespreking by San Lameer Villa 3708 sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Kroeg
  • Spa-behandelinge
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Masseer- en Skoonheidsterapie
  • Restaurant op Perseel
  • Selfsorg
  • Gimnasium
  • Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit

Betaalopsies op Perseel

  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.

4.5/5

Marieta Geverifieer

Eiendomme 100+

Resensies 67

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • San Lameer Landgoed R61, San Lameer Villa, Laer Suidkus, 4277, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R3 500
per nag (plek vir 8)
Vanaf
Vanaf R3 500
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: San Lameer Landgoed R61, San Lameer Villa, Laer Suidkus, 4277, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAa2e7aca6d9e1a4616ba2bcb3046b100b4864bfa0a0b475e2429035a729b4f5c021dcf37b4a877e7bc706c76bb9247f1935e3?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 500 per nag (plek vir 8) R61 San Lameer Estate San Lameer Villa 4277 KwaZulu-Natal 021 201 8901 15:00-22:00 10:00 -30.943467302784 30.290355015344
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem