Ontvang 'n gratis ontbyt (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 1 Mei 2024 tot 31 Mei 2024.
- Kapasiteit: 122 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 10,5 km langs die Sanipas, Mkhomazi Wildernisarea, Underberg, 3257, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R362 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Sani Lodge Cottages and Backpackers het 'n pragtige ligging op 'n 30 hektaar perseel direk langs die uKhahlamba-Drakensbergpark. Dit is op die Sanipas, net 16 km van die Lesotho-grens af en die bekende Giant's Cup-roete en baie ander oornag-voetslaanroetes die gebergtes in begin hier.
Die lodge word deur die eienaars bestuur en bied 'n verskeidenheid verblyf om verskeie begrotings te pas soos slaapsale, standaard-dubbel- of 2-enkelbedkamers, en suite-rondawels, selfsorgkothuise en kampeerplek. hier is 2 skoon ablusiegeriewe vir die slaapsale en standaardkamers wat nie hul eie en suite-badkamers het nie. Twee van die kothuise het berguitsigte. Die verblyf spog met 'n swembad met fantastiese berguitsigte, 'n restaurant wat alle maaltye bied, 'n kroeg en 'n staproete.
Gaste kan die gemeenskaplike kombuis, sitarea, braai-area en swembad gebruik. Die kombuis is met 'n stoof, yskas, vrieskas, mikrogolf, ketel, eetgerei, breekware, potte en panne toegerus, terwyl die sitarea 'n oop kaggel, boekhoekie met boeke en eetareas het. Gaste kan hul eie hout saambring om die buitebraai aan te steek en 'n vleisie te braai.
Die restaurant op die perseel is 7 dae per week oop vir ontbyt, middagete, aandete en teetyd-bederfies. WiFi is ook beskikbaar. Gaste kan buite in die restaurant se tuin of binne sit en uitstekende, tuisgemaakte maaltye en heerlike cappuccinos van vars, organiese koffiebone geniet. By die restaurant is daar 'n kroeg wat bier, skemerkelkies en mengers bedien.
Daar is ook 'n kunsvlyt- en plaaswinkeltjie op die perseel. Die plaaswinkel verkoop die plaas se melkprodukte soos kaas, roomys, jogurt, roomkaas, feta, halloumi, botter en vars melk, terwyl die kunsvlytwinkel plaaslike, Suid-Afrikaanse kunsvlytmakers en Sani Lodge se eie pottebakkers ondersteun. Daar is ook 'n kunsgalery met skilderye deur Simone Suchet. Masseerbehandelings kan ook vooraf bespreek word.
Toere by die Sanipas op en tot in Lesotho kan by die lodge bespreek word en word deur 'n toermaatskappy, Drakensberg Adventures, wat op die perseel is georganiseer. Daar is ook begeleide oornag-voetslaanuitstappies waar gaste in 'n grot in die Drakensbergpark slaap of gaste kan hulle eie voetslaanuitstappies aanpak.
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Swembad
- Braaiplek
- Speletjieskamer
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Masseer- en Skoonheidsterapie
- Restaurant op Perseel
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Forelhengel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Engels
- Zoeloe
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete
- Aandete Op Versoek
- Middagete
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Piekniek-middagete
- Tee
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Simone Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 6
Jaar gelys 7
Ligging
- 10,5 km langs die Sanipas, Mkhomazi Wildernisarea, Underberg, 3257, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Sani Lodge and Backpackers het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Suidelike Drakensberge KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 122 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 10,5 km langs die Sanipas, Mkhomazi Wildernisarea, Underberg, 3257, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom