SANParks Addo Matyholweni Rest Camp

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

SANParks Addo Matyholweni Rest Camp is naby die kusdorp Colchester by die mond van die Sondagsrivier geleë. Matyholweni beteken "in die bos" in Xhosa. Matyholweni bied maklike toegang tot die tweede hek na die Addo-olifant Nasionale Park.

Verblyf word in grasdak-selfsorgkothuise gebied wat elkeen 'n toegeruste kombuis, privaat badkamer en TV met sekere DStv-kanale het.

Die Matyholweni-area van die park huisves wild soos koedoe's, bosbokke, rooikatte, bosvarke en vlakvarke, asook klein soogdierspesies en voëls. Daar is sedert 2009 ook groter wildspesies, soos Burchell's zebras, rooi hartebeeste en buffels hier te sien. Olifante, leeus en volstruise sal ook in die toekoms deur die park gehuisves word. Dié area sal ook uiteindelik deel word van die hoof wildarea sodat die wild meer natuurlik kan rondbeweeg.

Besoekers het toegang tot die hoof wildkykarea van die Park via die suidelike toegangspad links van Addo se hoofkamp. Die afstand tussen die Matyholweni-kamp en Addo se hoofkamp is 39 km. Dié roete is egter nie toeganklik vir busse en karavane nie/

Geriewe soos winkels, restaurante, kitsbanke en vulstasies is naby Colchester of Cannonville geleë, sowat 3 km van Matyholweni af.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie

Geriewe

  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Rolstoelvriendelik

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na SANParks Addo Matyholweni Rest Camp gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 771 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za