Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

SANParks Limpopo Forest Tented Camp

Tentekamp

Kliek op enige tarief om 'n meer volledige prysberekening te sien.

Prys sluit in
Forest Tent FT2
Selfsorg en sluit 'n 1% bewaringsfooi in.
Forest Tent FT2Z
Selfsorg en sluit 'n 1% bewaringsfooi in.
Huisreëls

Vanaf 1 September 2017 moet besoekers ouer as 18 jaar ‘n ID, paspoort of alternatiewe geldige identifikasie, soos ‘n bestuurslisensie, toon wat skandeer sal word om toegang tot die park te verkry.
‘n Standaard daaglikse bewaringsfooi van R240 vir buitelanders, R120 vir SAOG-besoekers met ‘n geldige paspoort en R60 vir Suid-Afrikaanse burgers en inwoners met ‘n geldige ID word gehef wanneer die park betree word.

Al Mapungubwe se kampe kan met ‘n gewone sedan-voertuie bereik word, maar ‘n 4x4 of ‘n voertuig met ‘n hoë grondvryhoogte word aanbeveel om die rit gemakliker te maak. Daar is ook verskeie eko-roetes waarvoor ‘n 4x4 benodig word.

Sowat 35 km van die paaie is geskik vir gewone sedan-voertuie. ‘n Verdere 100 km is kan met ‘n 4x4 bereik word. Daar is net grondpaaie in die park.

Mapungubwe Nasionale Park is in ‘n oostelike en westelike area verdeel en word deur privaat grond verdeel wat nie deel van die park vorm nie. Besprekings by Tshugulu Lodge, Limpopo Forest Tented Camp, Mazhou Camping Site en Maloutswa Bird Hide sal besoekers noop om buite die park te ry om sodoende by die park se westelike deel waar dié kampplekke geleë is uit te kom.

Geen karavane word weens padtoestande in die park se oostelike deel toegelaat nie. Mazhou-kampeerplek bied ‘n karavaanpark in die park se westelike deel.

Gaste moet voorsorg teen malaria tref wanneer Mapungubwe besoek word.
Daar is nie ‘n vulstasie in die park nie. Die naaste vulstasies is in Musina, 70 km en Alldays, 65 km van die hoofhek af.

Mapungubwe het ‘n restaurant wat ontbyt, middag- en aandete bedien, asook ‘n kuriowinkeltjie wat peuselhappies en ander verversings verkoop. Die restaurant en kuriowinkel is by die hoofhek.
Die restaurant is oop vanaf 07:00 tot 16:00 en bied ‘n ontbyt- en ligte middagete-spyskaart. Aandete pakkies is op versoek beskikbaar. Bestellings moet voor 14:00 geplaas word en voor 16:00 gaan haal word.
Die naaste winkels en vulstasies is in Alldays en Musina wat sowat 70 km van die park af is. Daar is nie selfoonsein in die kampareas nie, maar slegs by die hoofhek.
Daar is nie debietkaartgeriewe in die park nie. Betalings kan slegs via kontant of ‘n kredietkaart gemaak word. Tjeks word nie aanvaar nie.
Mapungubwe Nasionale Park het groot en gevaarlike wilde diere en onbegeleide voetslaan word nie toegelaat nie. Gaste wat voetslaan, wildritte of besoeke aan kulturele trekpleisters wil aanpak, kan dit direk by die park reël.

Dagbesoekers:
Mapungubwe het ‘n aangewese piekniek- en dagbesoekersentrum. Hout is by die restaurant beskikbaar. Oop bakkies met mense agterop word nie toegelaat nie.

Die gebruik van hommeltuie in en bo nasionale parke is streng verbode.
Rook in blyplekke is streng verbode.
Onthou deur wild te voer word hul doodsertifikate geteken omdat hulle aggressief raak.
Buiteligte in kampe is beperk - bring ‘n flits en koplamp saam om in die aand buite rond te loop.
Voetslaners op dag- of oornagroetes moet altyd genoeg water saamneem.
Troeteldiere word ongelukkig nie in die park toegelaat nie.

Kansellasiebeleid - Pasgemaak

Besprekings wat minder as 45 dae voor of op die inklokdatum gekanselleer of afgegradeer word: kansellasiefooie word bereken op 'n glyskaal volgens die totale besprekingsbedrag en sal tussen 50% en 100% wissel.

Vanaf
R1 429
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 429
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R1 429
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 16 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die R572, Mapungubwe Nasionale Park, Musina, 0900, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAoQ7MA3D3qyBXIhVQsryKFTQL24Om6VNpfdTeOhT0pAyY9jPSTH?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 429 per nag, vir 2 mense 3 5 1 4 Off the R572 Mapungubwe National Park 0900 Limpopo 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -22.186233 29.207299
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem